Daar word aanvaar die genus het ontstaan met die verskyning vanH. habilis, net meer as 2 miljoen jaar gelede.[1] Dié spesie het ontstaan uit die genusAustralopithecus, wat self vroeër vertak het van die lynPan, die sjimpansees.[2]
Homo is die enigste genus van diesubtribusHominina, wat saam met die subtribusseAustralopithecina enPanina die tribusHominini uitmaak.
H. erectus het sowat 2 miljoen jaar gelede op die toneel verskyn en in verskeie migrasies deurAfrika (waar ditH. ergaster genoem word) enEurasië versprei. Dit was waarskynlik die eerste menslike spesie wat in ’n jagter-versamelaar-gemeenskap gewoon en vuur beheer het.H. erectus was ’n aanpasbare en suksesvolle spesie en het meer as ’n miljoen jaar lank bestaan. Hulle het omstreeks 500 000 jaar gelede stelselmatig in verskeie ander spesies begin ontwikkel.
H. sapiens het sowat 300 000 tot 200 000 jaar gelede ontstaan,[3] heel waarskynlik in Afrika, enH. neanderthalensis het omtrent dieselfde tyd inEuropa enWes-Asië verskyn.H. sapiens het in verskeie vlae uit Afrika versprei, van moontlik so vroeg as 250 000 jaar gelede, en vir seker teen 130 000 jaar gelede. Teen sowat 70 000 jaar gelede het mense met die suidkus van Asië langs versprei en teen 50 000 jaar gelede het hulle hulle in Eurasië enOseanië gevestig.
In Afrika én Eurasië hetH. sapiensargaïese mense (niesapiens nie) raakgeloop en met hulle verbaster geraak.[4][5] Aparte argaïese spesies het vermoedelik tot omstreeks 40 000 jaar gelede oorleef (soos dieNeanderdallers), enhibriedspesies moontlik tot 12 000 jaar gelede (soos dieEdelhert-grotmense).