Hidetoshi Nakata (Japannees: 中 田 英 寿) (gebore22 Januarie1977 inKofu) is 'n voormaligeJapannesesokkerspeler wat as 'n middelveldspeler vir verskeie Europese klubs gespeel het, asook virBell Mare Hiratsuka in sy vaderland. Sy optredes het hom 'n reputasie as een van die beste Japannese spelers van sy generasie verskaf. Hy het vir dieJapanse nasionale sokkerspan uitgedraf.
Nakata is in 2004 as die enigste Japannese persoon gekies vir dieFIFA 100, 'n gradering van die 125 beste lewende sokkerspelers in die geskiedenis. Hy is ook in beide 1997 en 1998 aangewys as die Speler van die Jaar in Asië.
Nakata het die 2001-Serie A metAS Roma en die jaar daarna dieCoppa Italia metParma FC gewen.
Jaar | Wedstryde | Doelpunte |
---|
1997 | 16 | 5 |
1998 | 10 | 1 |
1999 | 3 | 0 |
2000 | 4 | 0 |
2001 | 7 | 1 |
2002 | 8 | 2 |
2003 | 11 | 1 |
2004 | 2 | 0 |
2005 | 10 | 0 |
2006 | 6 | 1 |
Totaal | 77 | 11 |
---|