Heriotdale | |
|---|---|
| Koördinate:26°12′36″S28°6′58″O / 26.21000°S 28.11611°O /-26.21000; 28.11611 | |
| Land | |
| Provinsie | Gauteng |
| Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
| Oppervlak | |
| • Totaal | 0,93 km2 (0,36 vk. myl) |
| Bevolking (2011)[1] | |
| • Totaal | 7 |
| • Digtheid | 8/km2 (20/vk. myl) |
| Rasverdeling(2011) | |
| • Swart mense | 100.0% |
| Taal(2011) | |
| • Tswana | 42.9% |
| • Noord-Sotho | 28.6% |
| • Zoeloe | 14.3% |
| • Venda | 14.3% |

Heriotdale is 'nvoorstad vanJohannesburg inSuid-Afrika, in die voormalige "Area 9". Dis sowat 8 km oos van die stadsaal geleë.
Heriotdale beslaan sowat 0,6 km² in Johannesburg se munisipale gebied, plus nog ’n gedeelte van 0,1 km² oorkant die stad se grens metEkurhuleni in wat destyds die stadGermiston was. Die twee dele word geskei deur Laer-Germistonweg. In die noorde grens albei aan die M2 (François Oberholzer-snelweg) en albei lê noord vanRosherville en die Simmer & Jack-myn. Heriotdale, Johannesburg, lê suid vanCleveden enCleveland asookThe Gables, en Heriotdale, Germiston, suid vanMalvern-Oos enWychwood.
Die Johannesburgse voorstad is uitgelê op die plaasDoornfontein, in Oktober 1946 geproklameer en na die uitgediende Heriotmyn genoem wat in 1887 gestig is. Die myn se naam is na bewering afgelei van die Skotse goudsmid George Heriot (1563–1624), die "Jingling Geordie" in sirWalter Scott se romanThe Fortunes of Nigel. Sommige kenners beweer egter die myn is genoem na Heriot in Midlothian,Skotland, ’n naam wat in 1164 voorkom asHerth en in 1198 asHereget, wat daarop dui dat dit afgelei is van Ou-Engelshere-geat, wat’n gaping of opening in die heuwels waardeur ’n leër dalk kan beweeg"beteken.
Heriotdale was nog altyd ’n nywerheidsgebied. Tussen 1934 en 1961 is net een keer munisipale kiesers hier getel, drie Engelssprkeendes in 1961. In die sensus van 2011 is 13 bewoners aan die Germistonse kant getel en sewe aan die Johannesburgse kant, van wie 19 swart was en een Indies/Asies.
Hierdie artikel omtrent 'n plek inJohannesburg is slegs ’nsaadjie. Jy kan die Afrikaanse Wikipedia help deurdit uit te brei.