Herfs is een van die vier seisoene waarin diejaar opgedeel word. Herfs volg na diesomer en kom voor diewinter. Gedurende die herfs word diedae korter en dienagte langer (dit word vroeër donker).
Astronomies gesproke begin die herfs egter met dieherfsnagewening. In die Suidelike Halfrond vind die herfsnagewening gewoonlik op 20 Maart plaas. In die Noordelike Halfrond vind dit gewoonlik op 21 September plaas.
In die herfs beginbladwisselende plante se blare verkleur en word dit afgegooi. Diere wat in die winter hiberneer begin al hoe meer voedsel inneem om hul liggame met die oorwinteringsproses te help. Voëls begin meer en meer in groepe byeenkom en migreer in groot swerms na warmer dele van die wêreld.