Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Henryk Szeryng

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Henryk Szeryng (1964)

Henryk Bolesław Szeryng (Żelazowa Wola,22 September,1918Kassel,8 Maart,1988) was 'nPoolseviolis vanjoodse afkoms.

Lewensloop

[wysig |wysig bron]

Hy studeer in sy geboortestad en later onderCarl Flesch inBerlyn. Sy solodebuut maak hy in 1933 met die Vioolconcerto Op. 77 vanJohannes Brahms. Van 1933 tot 1939 studeer hy komposisie inParys onderNadia Boulanger, en gedurende dieTweede Wêreldoorlog werk hy in ballingskap as vertaler vir die Poolse regering (Szeryng was sewe tale magtig) en gee konserte vir die geallieerde troepe oor die wêreld heen. Gedurende een van die konserte inMeksikostad kry hy 'n aanbod om die strykinstrument-departement van die universiteit aldaar oor te neem. Hy aanvaar die aanbod en verkry in 1946Meksikaanse burgerskap.

Aanvanklik gee Szeryng viool- en komposisielesse, maar in 1954 keer hy terug na die konsertverhoog. Sy buiging in 1954 in New York was die eerste van vele kompetisies wat hy daarna vir die res van sy lewe aan sou deelneem. Sy benadering tot musiek was deurgaans deurdag, pretensieloos en met respek vir die komponiste wat hy vertolk het. Sy musikale nalatenskap maak deel uit van wat gereken word as die era van die grootste violiste van die20ste eeu.

Szeryng het 'n groot verskeidenheid werke opgeneem, waaronder twee van die vioolsonates vanBach, en verskeie sonates vanBeethoven enBrahms onder begeleiding van die pianisArthur Rubinstein. Hy komponeer ook werke vir kamermusiek en 'n stelvioolconcertos.

Hy het dieGuarneri 'Del Gesu' viool "Le Duc" en dieStradivarius "King David" besit. Die eersgenoemde viool was die instrument wat hy die meeste vir opnames gebruik het; die laasgenoemde instrument het hy aan dieIsraelse staat geskenk.

Pryse en onderskeidings

[wysig |wysig bron]
  • Grammy-toekenning vir beste Kamermusiek opvoering:
  • Grand Prix du Disque 1959 vir die Brahms Vioolconcerto met die Londense Simfonieorkes o.l.v.Pierre Monteux.
  • Grand Prix du Disque vir die Bach Solosonates en Partita's (DGG).

Notas

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuitdie Nederlandse Wikipedia vertaal.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Henryk_Szeryng&oldid=2661765"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp