Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

HemelBesem

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
HemelBesem
Ook bekend asSimon Witbooi
GenresKletsrym,hip-hop
Beroep(e)kletsrymer
Instrumentestem
Webwerfhttps://hemelbesem.co.za

HemelBesem (aliasSimon Witbooi) is 'n Suid-Afrikaansekletsrymer. Hy het grootgeword in Blackheath een van die suidelike voorstede van Kaapstad,Wes-Kaap. Na sy matriekjaar is hy naWorcester, waar hy vir 'n ruk pastoor was. In2011 het hy besluit om terug te keerKaapstad toe om op sy ander passie, musiek, te fokus.

Met sy kletsrym, wat uit uitstekende lirieke bestaan, daag hy ras, kultuur en taal uit om persepsies te verander wat geskoei is op vooropgestelde idees.

Toekennings

[wysig |wysig bron]
  • Kunste Onbeperk Kruispunt Toekenning 2016 (Vir brugbou werk in Afrikaans)
  • Kanna 2016 (vir Die Afrikaansvatter: Beste Musiek Produksie. Eie teks en regie)
  • Woord trofee wenner 2017 (Spesiale Verbondenheids Trofee)
  • Woord trofee wenner 2016 (Adam Small Tribute Show)
  • Fiesta Benoemming vir “beste Musiek produksie” vir Die Afrikaansvatter
  • Mediaveertjies Benoeming as “Beste televisie aanbieder Pasella”
  • Ghoema 2016, 2017 en 2018 benoemmings vir “Noem My Skollie”, “is Dope”, “Die Silwer Maan” en “Blaas die Trompet”
  • 2 x Hip Hop (2010 & 2014) Indaba Kampioen (Freestyle Kampioen) steeds onoorwonne.
  • 2 x Silwer Toekennings Montagu Kunstefees (vir twee karakters uitgebeeld in “Sneeuwitjie en die sewe bergies.” ‘n Verwerking vanPieter W Grobbelaar teks)
  • Twee nommer 1 liedjies “Hoe Salla” en “YMCMBESEM” opGoodhopeFM

Televisie

[wysig |wysig bron]
  • TV-aanbieder vanPasella opSABC2
  • Aanbieder virSuperSport se Wêreldbekerprogramme
  • Akteur in dieNoem My Skollie
  • Medevervaardiger (saam met onder andereCoenie de Villiers) en akteur in die baanbrekerdokumentêr “Vat die Rap” virKykNET.
  • Deel van die rolverdeling van die “mocumentary” previews vir die “Sy klink Soos Lente
  • Verskyn op televisieprogramme soos:
    • SABCNoot vir Noot, Naweek, Hectic Nine9, Pasella, Expresso, Morning Live
    • DSTVFiesta, Varsity Sing, Kwêla, Jou Show, Flits, Die Groot Ontbyt (almal opKykNET).
    • Hip Hop Show (MK89), Youth Program (Cape Town TV)

Musiek

[wysig |wysig bron]

Het onafhanklik die volgende albums uitgereik:

  • Dink ‘n Bietjie was die eerste AfrikaanseHip Hop album wat in die Boland verskyn het, Dit is later verwerk asB.O.B. (Beste opgepaste Baba) album waarvan sowat 38 000 eksemplare in sogenaamde agtergeblewe gemeenskappe uitgegee is, veral dieBoland enNoord-Kaap.
  • Auto-Bio-grafie,Die Woester Standard,Evil is maklik,Uwil isi Makliki, asookDouble Story (met Isaac Mutant) het toe gevolg.
  • Onder BLM Publishing You Must Come Meet Besem en toe die self getitelde albumHEMELBESEM,Evil is NogSteeds Maklik enGod Praat Afrikaans

Optredes

[wysig |wysig bron]

Onder andereSkouspel,KKNK,Aardklop, Gariepfees, Jive Muslim Fest, Woodstock Live, Afrovibes (Nederland), Queens Day fests (Nederland, Bijlmer Bookfest (Nederland), Jubilee Fest, Kuierfees, Nama Goi Fees, Arniston Fees en Ek love die Vrystaat.

Hy is ook die meesterbrein agter dieAIDS (Art is Doing Something) – album vir Departement van Gesondheid,Boland.

Ander optredes

[wysig |wysig bron]
  • Temalied vir die fliekNoem My SKollie
  • Deel van die fliek “Four Corners” se klankbaan met die lied “Complicatedft Bonzaya
  • Titellied vir Fetale Alkohol Sindroom veldtog met “As die ma drink”
  • Titellied vir“It takes a Village” veldtog metIt takes a Village ft Meli Grey

Gemeenskap

[wysig |wysig bron]
  • Amptelike ambassadeur virATKV Crescendo vir die opheffing van Afrikaanse musiek en prakties betrokke by hierdie opheffings veldtogte deur middel van werkswinkel aanbiedings, promosie werke by skole, talent scouting, ontwikkeling asook ontplooing van hierdie talent regoorSuid-Afrika.
  • Ambassadeur vir Bazoo Kleutertydskrif en betrokke by veldtogte wat daarop gemik is om die leeskultuur onder ouers met kleuters te verwek.
  • Jaarliks betrokke as deel vanUniversiteit Stellenbosch se W.O.W. (Woorde open Wêrelde) skrywersbesoeke aan skole regoor die Kaap enNoord-Kaap waar kinders aangemoedig word om “Te Droom in Afrikaans”
  • Was vir 9 jaar betrokke by die skrywe, optredes en aanbiedings van programme vir die voorkoming vanFetale Alkohol Sindroom vir Fasfacts en bv Tienerswangerskappe, virtieners, Swanger Vroue, Sjebieneienaars, Plaaswerkers, Studente, Graad 6, 7 en 11 leerders.

Teater

[wysig |wysig bron]
  • Die Afrikaansvatter 2014 – 2016 (Eie teks en regie)
  • AllBasters 2015 – 2016 (Daarmee getoer in Nederland) Eie teks en regie
  • Op ‘n ernstige Noot” ft Yoma (Eie teks en Regie)
  • 2018  God Praat Afrikaans.

Skrywes

[wysig |wysig bron]

Radio

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=HemelBesem&oldid=2721758"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp