Deel van 'n reeks oor die |
|---|
| Geskiedenis vanGriekeland |
| Griekse Bronstydperk |
| Egeïes •Helladies •Sikladies •Minoïes •Miceens |
| Antieke Griekeland |
| Donker eeue •Argaïes •Klassiek •Hellenisties •Romeins |
| Middeleeuse Griekeland |
| Bisantyns •Frankies en Latyns •Ottomaans |
| Moderne Griekeland |
In dieGriekse geskiedenis stemHellenistiese Griekeland ooreen met die tydperk tussen die dood vanAlexander die Grote in323 v.C en die anneksasie van dieKlassieke Griekse hartland deurRome in146 v.C.
Tydens die Hellenistiese tydperk het die belangrikheid van Griekeland in dieGriekssprekende wêreld skerp gedaal. Die twee grootste sentrums van dié tyd wasAlexandrië enAntiochië. Stede soosPergamon,Efese,Rhodos enSeleucië was ook belangrik, en die toenemende verstedeliking van dieMiddellandse See-gebied was kenmerkend van die tydperk.