Hella Haasse | |
---|---|
![]() Hella Haasse, 19 Julie 2007. | |
Gebore | Hélène Serafia Haasse 2 Februarie1918 |
Sterf | 29 September2011 |
Beroep | Skrywer |
Bekend vir | Romans |
Webwerf | hellahaasse.nl |
Hélène Serafia (Hella) Haasse (2 Februarie1918, Batavia –29 September2011, Amsterdam) was 'nNederlandseskryfster, met bekende titels soosOeroeg (novelle, 1948),Het woud der verwachting (roman, 1949) enHeren van de Thee (roman, 1992) wat uit haar pen verskyn het. In1983 is dieP.C. Hooft-prys aan haar toegeken, en in 2004 die Prijs der Nederlandse Letteren. Sy was een van die eerste Nederlandse skrywers wat hul werk aktief in die buiteland bevorder het en is een van die mees geleesde Nederlandse skrywers in die buiteland.
Haasse was die dogter van Willem Hendrik Haasse, wat boeke onder die skuilnaam W.H. van Eemlandt geskryf het, en die konsertpianiste Katharina Diehm Winzenhöhler.
Haasse het na 'n tweejarige verblyf (1920–1921) in Nederland die kleuterskool en Katolieke laerskool in Soerabaja,Nederlands-Indië bygewoon. In 1924 het sy na Europa teruggekeer omdat haar moeder in 'n sanatorium inDavos opgeneem is. Haasse het agtereenvolgens by haar ouma in Heemstede,Noord-Holland, en in 'n kinderhuis in Baarn gewoon. In 1928 het die familie naNederlands-Indië teruggekeer waar Haasse haar hoërskool deurgeloop het. Daarna het hulle in1938 na Nederland verhuis sodat sy Skandinawiese taal- en letterkunde kon bestudeer. In 1941 het Haasse haar studies gestaak en met haar opleiding aan die Amsterdamse Toneelschool begin. Op 18 Februarie 1944 trou sy met Jan van Lelyveld (1918–2008), wie sy in 1939 leer ken het aan Propria Cures, en beëindig terselfdertyd haar toneelloopbaan. Sy het nietemin kabarettekste bly skryf, onder andere vir Wim Sonneveld. Haasse en Van Lelyveld het tussen 1944 en 1951 drie dogters in die lewe gebring. Die oudste, Chrisje, is in 1947 oorlede. In 1981 verhuis Haasse met haar man naFrankryk.
Hella Haasse is te Amsterdam na 'n kort siekbed op Donderdag,29 September2011 op die ouderdom van 93 oorlede.[1]
'n Aantal van Haasse se boeke het as onderwerp die lewe in Nederlands-Indië, so ook die romanOeroeg, haar deurbraak, wat vir die veldtog "Nederland Leest" in2009 gekies is, en haar allergrootste suksesroman in Nederland:Heren van de Thee.
Oor haar boekBij de Les = Schoolplaten van Nederlands Indië, wat handel oor veertig skoolboekillustrasies, haal sy herinneringe uit Indië op. Oor haar verblyf daar skryf sy die volgende: "Die hawe-illustrasie (in Indië) is, soos baie ander inBij de les, gemaak deur Frits van Bemmel." Hella Haasse noem die illustrasies wat sy ingesamel het virBij de les nie in die eerste instansie nostalgies nie. Sy skryf: "Ek kan nie onthou dat ek hulle ooit gesien het in die skole in Batavia, Buitenzorg enBandoeng nie, waar ek as kind in die jare twintig en dertig van die vorige eeu gewoon het. Illustratief is die plaat Achtererf, met in die tuin 'n wasgoedlyn met daaragter 'n heining". "Was Frits van Bemmel self ooit 'n 'Indiese' kind?" vra Haasse haarself af op die bladsy langs die illustrasie. "Sy 'Achtererf' sou jy eerder in Blaricum of Doorn of in 'n ander dorp verwag".
Daarbenewens het sy 'n paar historiese romans geskryf, waarvan die bekendsteHet woud der verwagting is. MetSchaduwbeeld het sy die min of meer vergete baron Joan Derk van der Capellen tot den Pol weer aan die lewe gebring.
Die karakters in haar boeke kom sy nog dikwels teë in haar drome, sê sy. "Ek het 'n hele familie vir myself geskep waaraan ek nog dikwels aan dink (…) jy raak hulle nooit kwyt nie".
In die lente van 2007 ontdek Hella Haasse by haar huis ou koerantstukke met 'n avontuurroman, Sterrenjacht, wat sy in1949 geskryf het en in1950 as "feuilleton" onder dieskuilnaam "CJ van der Sevensterre" inHet Parool verskyn het. Dit het eers in2007 bekend geword dat Haasse onder hierdie skuilnaam geskryf het.[2]
Kort na die verskyning van Sterrenjacht in Junie 2007 is bekend gemaak dat asteroïde 10250 die naam Hellahaasse kry. Dieasteroïde is ontdek deur sterrekundiges uitLeiden en hulle is daarom toegelaat om die naam te kies. Asteroïde (10250) Hellahaasse het 'n deursnee van ongeveer 4km en voltooi in 3,57 jaar 'n volledige omloop rondom die son. Die gemiddelde afstand tot die son beloop 350 miljoen km.
Hella Haasse het 'n eie virtuelemuseum op die internet. Op 5 Februarie 2008, drie dae na haar negentigste verjaardag, het sy die museum tydens 'n feestelike vergadering vir genooide gaste geopen deur eerste aan te teken.
Die museum openbaar die persoonlike argief van Haasse. Benewens haar eie dokumente soos familiefoto's, briewe en dagboeke, word in die museum ook boekfragmente, onderhoude en dokumentêre geskrifte gehuisves.
Die skryfster, hoewel tegnologies ongeletterd, het nie soos haar tydgenoot, dieNobelpryswennerDoris Lessing, oor dieinternet as een groot hol vat sonder wesenlike inligting gepraat nie. Haasse beskou ontlesing as 'n tydelike gebeurtenis. Daarby deel sy die mening dat mense weer sal ontdek hoe belangrik en onontbeerlik lees is.