Die liefde van Helena en Paris, deur Jacques-Louis David, 1788.)
Helena van Troje,[1][2][3] eintlik meer korrekHelena van Sparta (antiekeGrieks: ἙλένηHelénē), was in dieGriekse mitologie die beeldskoonste vrou in die wêreld. Sy was volgens die meeste bronne die dogter vanZeus enLeda, en die suster van onder andere Klitemnestra,Kastor en Polluks enFoibe. Sy was getroud met koningMenelaos vanSparta.
Volgens tradisie hetAfrodite haar aanParis belowe nadat hy die godin ’n kompetisie laat wen het. Paris het haar toe ontvoer en naTroje geneem.
Haar verhaal is onder meer opgeteken isHomeros seIlias enOdussee. Omdat baie mans om haar hand meegeding het, het haar pa hulle ’n eed laat aflê dat hulle haar huwelik sou verdedig, maak nie saak wie hy kies nie. Menelaos is toe gekies. Toe Paris Helena steel, het die eed veroorsaak dat dieAchajers na Troje opgeruk het om haar te gaan haal en dit het gely tot dieTrojaanse Oorlog.
Eindelik is Paris in die oorlog doodgemaak en volgens Homeros is Helena met Menelaos herenig.