'nHartaanval (ookakute hartinfarksie ofmiokardiale infarksie genoem) ontstaan as 'nbloedvat in diehart skielik geblokkeer word, wat die vloei vanbloed belemmer. As gevolg hiervan beginselle in 'n gedeelte van die hart weens ’n gebrek aansuurstof doodgaan. Bloedklonte is die mees algemene oorsaak van hartaanvalle.
Hartaanvalle word meestal deur koronêre hartsiekte veroorsaak. Koronêre hartsiekte lei tot die opbou van 'n wasagtige stof, genaamd plaak, aan die binnekant van die are in die hart. Dit wordaarverkalking (aterosklerose) genoem. Plaak bestaan uit cholesterol en ander selle. Hierdie plaak veroorsaak dat die binnekant van die bloedvat oor tyd vernou. Die bloedvloei word ingeperk en bloedklonte word veroorsaak deur bloedplaatjies wat voor die plaak opbou. As die bloedklont losbreek en in die vernoude bloedvate vassteek, ontstaan 'n hartaanval.
'n Hartaanval is 'n mediese noodgeval. Die eerste paar minute na 'n hartaanval is baie belangrik vir die behoud van die persoon se lewe. Van die skade wat deur die hartaanval aangerig is, kan in die eerste uur herstel word. Die mees algemene simptoom is sterk pyne in die bors. Die pyn kan ook in die skouers, maag en kakebeen voorkom. 'n Hartaanval, in teenstelling metangina pectoris, veroorsaak altyd skade aan die hartspier (miokardium).
Waarskuwingstekens is angina (pyn in die bors met oefening), kortasemheid, sweterigheid, angstigheid en 'n beklemmende gevoel oor die bors. Persone met 'nfamiliegeskiedenis van hoë cholesterol,hoë bloedsuiker, hoëuriensuur ofhoë bloeddruk behoort gereeld 'nelektrokardiogram (EKG) te laat uitvoer, en te sorg dat die siektetoestande onder beheer bly.
- Angina pectoris, borskaspyn as gevolg van onvoldoende bloedtoevoer na die hart.