Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Harry Potter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Harry Potter
The Philosopher's Stone (1997)
The Chamber of Secrets (1998)
The Prisoner of Azkaban (1999)
The Goblet of Fire (2000)
The Order of the Phoenix (2003)
The Half-Blood Prince (2005)
The Deathly Hallows (2007)

SkrywerJ.K. Rowling
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
TaalEngels
GenreFantasie, drama, jong volwasse fiksie, raaisel, thriller, Bildungsroman
UitgewerBloomsbury Publishing (VK)
Arthur A. Levine Books (VSA)
Little, Brown (VK)
Uitgegee26 Junie 1997 – 21 Julie 2007
31 Julie 2016[1] (aanvanklike publikasie)
MediumDruk (gebind & sagteband)
audioboek
E-boek (soos op Maart 2012)[2]

Harry Potter is die titel van 'n reeks van sewe fantasieromans geskryf deur die Britse skryfsterJ.K. Rowling, asook die naam van die hoofkarakter in die romans. Die boeke handel oor die avonture van 'n jong towenaar en sy vriende Ron Weasly en Hermione (Hermien) Granger. Gebeure in die verhaal speel meestal af byHogwarts Skool vir Heksery en Towerkuns, 'n akademie vir jong towenaars en hekse. Die sentrale konflik waarin Harry gewikkel is, is teen 'n bose towenaar, die Heer Voldemort, wat Harry se ouers vermoor het as deel van sy planne om die towerwêreld oor te neem.

Die Harry Potter-boeke in Engels
J.K. Rowling, die skrywer

Vandat die eerste romanHarry Potter and the Philosopher's Stone (in Afrikaans getiteldHarry Potter en die Towenaar se Steen) in 1997 verskyn het, wat in die VSA hernoem is totHarry Potter and the Sorcerer's Stone, het die boeke uitermate gewild geword onder lesers van alle ouderdomme, en het die reeks positiewe kommentaar van kritici ontlok. Uit die romanreeks het films, videospeletjies en ander produkte verskyn. Die sewende en laaste boek in die reeks,Harry Potter and the Deathly Hallows (in Afrikaans getiteldHarry Potter en die Skatte van die Dood), is onderskeidelik uitgegee op 21 Julie en 15 November 2008, aangesien die boek, soos die voriges in die reeks, in Afrikaans vertaal moes word.

Vertaling

[wysig |wysig bron]

Die reeks is al in 65 verskillende tale vertaal sedert die eerste boek in 1997 verskyn het. Hierdie tale sluitFrans,Nederlands,Duits,Afrikaans enItaliaans in. Die boeke is ook soos ander klassieke kinderverhale (byvoorbeeldWinnie The Pooh enPeter Rabbit) in AntiekeGrieks enLatyn beskikbaar.Harry Potter and the Philosopher's Stone enHarry Potter and the Chamber of Secrets is die enigste twee in die reeks wat inLatyn beskikbaar is. Die rede hiervoor is waarskynlik die tydsame proses van vertaling uitEngels inLatyn. Die vertalings is deur Peter Needham behartig, wat meer as 30 jaar by Eton Kollege gedoseer het in die Klassieke. Sy vertalings, onder die titelsHarrius Potter et Philosophi Lapis enHarrius Potter et Camera Secretorum, het 'n positiewe respons van kritici ontvang.

Aangesien die inhoud van die boeke streng geheim gehou is tot dit amptelik regoor die wêreld vrygestel is, moes lesers van ander tale asEngels maande wag vir vertalings in die taal van hulle voorkeur. Dié was ook die geval met die Afrikaanse uitgawes, waar lesers gewoonlik tussen vyf en agt maande moes wag. Die Harry Potter-reeks word inAfrikaans uitgegee deur Human & Rousseau. Die eerste vyf boeke,Harry Potter and the Philosopher's Stone,Harry Potter and the Chamber of Secrets,Harry Potter and the Prisoner of Azkaban,Harry Potter and the Goblet of Fire enHarry Potter and the Order of the Phoenix, in Afrikaans bekend asHarry Potter en die Towenaar se Steen,Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse,Harry Potter en die Gevangene van Azkaban,Harry Potter en die Beker Vol Vuur enHarry Potter en die Orde van die Feniks, is in Afrikaans vertaal deur Janie Oosthuysen. Die sesde boek,Harry Potter and the Half-Blood Prince en die sewende boek,Harry Potter and the Deathly Hallows, in Afrikaans getiteldHarry Potter en die Halfbloed Prins enHarry Potter en die Skatte van die Dood, is deur Kobus Geldenhuys vertaal.

Films

[wysig |wysig bron]
Kenteken van dieHarry Potter-filmreeks

Die produksiehuis Warner Bros. het die bal in 2000 aan die rol gesit vir 'n reeks rolprente. Die vyfde rolprent,Harry Potter and the Order of the Phoenix, het mees onlangs verskyn op 11 Julie 2007. Die rol van Harry is vertolk deur die jong akteurDaniel Radcliffe. Die rolle van Hermione (Hermien) en Ron is deurEmma Watson enRupert Grint onderskeidelik vertolk. Aangesien Rowling aangedring het daarop dat alle rolle deur eksklusief Britse toneelspelers vertolk word, is baie legendes uit die Britse rolprentwêreld ook daarin te sien, onder andere Michael Gambon (as Albus Dumbledore in die derde, vierde, vyfde, sesde, sewende en agtse films), Maggie Smith (as Minerva McGonagall, in alle rolprente), Alan Rickman (as Severus Snape, in alle rolprente) en ook Gary Oldman (as Sirius Black, in films drie, vier en vyf). Vir die eerste twee rolprente,Harry Potter and the Philosopher's Stone enHarry Potter and the Chamber of Secrets, wat onderskeidelik in 2001 en 2002 uitgereik is, het Chris Columbus as regisseur opgetree.Harry Potter and the Prisoner of Azkaban is onder die regie van Alfonso Cuarón verfilm en is in 2004 uitgereik. VirHarry Potter and the Goblet of Fire, wat in 2005 uitgereik is, het Mike Newell die leisels oorgeneem. Die onlangste rolprent,Harry Potter and the Order of the Phoenix het David Yates as regisseur gehad. Yates het ook die regiewerk vir die sesde film,Harry Potter and the Half-Blood Prince doen. Dié rolprent is in November 2008 uitgereik.

Die musiekklankbane vir die eerste drie rolprente is deur veteraan filmkomponis John Williams geskep. Williams is veral bekend om sy kragtige filmmusiek uit bekende reekse soosStar Wars enIndiana Jones, met 'n styl wat sterk ooreenkom met dié van die bekende komponisRichard Wagner. Williams maak ook graag gebruik van dieleitmotif-tegniek, waar sekere musikale temas deur die hele klankbaan voortgesit word. Hierdie temas verskyn ook meestal in die opvolgrolprente. As gevolg van 'n besige jaar in 2004, waar Williams klankbane vir vier ander rolprente geskep het, moes hy die aanbod om weer die musiek vir die volgende Potter-film te doen van die hand wys. Komponis Patrick Doyle het die klankbaan virHarry Potter and the Goblet of Fire geskryf, maar het Williams se oorspronklike temas behou, onder andereHedwig's Theme, wat by aanhangers die tema vir die rolprente geword het. Die klankbaan vanHarry Potter and the Order of the Phoenix is deur Britse komponis Nicholas Hooper geskryf en soos Doyle het Hooper ook weer gebruik gemaak vanHedwig's Theme. Anders as Williams en Doyle het Hooper nie 'n tematiese benadering gevolg toe hy die musiek vir die rolprent geskryf het nie, maar eerder daarop gefokus om die gevoelswaarde van tonele te neem en die musiek daarvolgens te komponeer.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Harry Potter and the Cursed Child to be eighth book".BBC News (in Engels). 10 Februarie 2016.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2019. Besoek op25 Januarie 2017.
  2. Peter Svensson (28 Maart 2012)."Harry Potter breaks e-book lockdown" (in Engels). Yahoo.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op25 Januarie 2017.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metHarry Potter.
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Harry_Potter&oldid=2649271"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp