Harare (voormalig, tot 1982Salisbury) is diehoofstad vanZimbabwe. Die stad is Zimbabwe se grootste en die land se administratiewe, kommersiële en kommunikasiemiddelpunt. Dit is 'n handelsentrum virtabak,mielies,katoen ensitrusvrugte. Vervaardigingsbedrywe sluittekstiele,staal enchemiese stowwe in.Goud word in die omgewing ontgin. Die bevolking is in 2009 op 1 606 000 beraam. Na ramings is sowat 'n derde van Zimbabwe se bevolking in die metropolitaanse gebied van Groter Harare saamgetrek. Groter Harare se bydrae tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) word op sowat 40 persent beraam. Die informele sektor speel 'n uiters belangrike rol. So word beraam dat daagliks meer as een miljoen informele migrantehandelaars na Harare stroom om hul goedere daar te bemark.[2]
Met die tweede herdenking van die Zimbabwiese onafhanklikheid op 18 April 1982 is die stad se naam na Harare verander, genoem na dieMashona-hoofman Neharawa.
Sedert vroeg in die 21ste eeu is Harare nadelig geraak deur die politieke en ekonomiese krisis wat Zimbabwe na die presidensiële verkiesing van 2002 beleef. In 2007 het Harare die eenhonderd-en-veertigste plek op die tydskrifThe Economist se ranglys van die wêreld se mees leefbare stede beklee.[3]
Vanweë Harare se stadsuitleg met breë lane, wat nog uit die Britse koloniale tydperk dateer, word dit as een van die mooiste hoofstede in Afrika beskou. Harare word dikwels as 'n duale of hibriede stad met drie hoofkomponente beskryf – die historiese middestad wat as sakekern dien en waar baie belangrike instellings en ondernemings hul hoofkantore het; die welgestelde voorstede in die noorde; en die minder welvarende woonbuurte in die suide. DIé is verder van die middestad geleë en bestaan grotendeels uit informele nedersettings. Koloniale owerhede en die blanke Rhodesiese bevolking het hierdie nedersettings deur middel van groen gordels van die middestad geskei.
Al het hierdie groen ruimtes die etniese segregasie van die stadsbevolking ten doel gehad, is groot dele van Harare se natuurlike groen omgewing tegelykertyd bewaar. Terwyl, volgens amptelike statistiek, sowat 35 persent van Harare se bevolking in hierdie suidelike buurte gehuisves word, raam kenners hierdie syfer op vyftig persent of meer.
Een van die grootste Amerikaanse ambassades op die vasteland van Afrika (en moontlik in die wêreld) is op 3 Mei 2019 deur die Amerikaanse ambassadeur in Zimbabwe, Brian Nichols, in Harare se Bluff Hill Township-buurt amptelik geopen. Die ambassadekompleks is teen 'n koste van VSA-$292 miljoen opgerig.[4]
Op 3 April 2016 het die destydse president van dieKerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, Thomas S. Monson (1927–2018), die bou van die Kerk se eerste tempel in Zimbabwe aangekondig. Tot op datum is die projek nog in die beplanningsfase.[5] Die Kerk het sowat 26 000 lidmate in Zimbabwe wat tans nog gebruik moet maak van die tempel te Johannesburg.
In Mei 1966 is Tony Hitchman se befaamde onderhoudAn Introduction to Scientology metL. Ron Hubbard, stigter van dieKerk van Sciëntologie, in die destydse Salisbury deur die Rhodesiese uitsaaikorporasieRhodesia Television (RTV) verfilm en uitgesaai.[6] Die onderhoud, waarin Hubbard die geloofsbelydenis en stigtingsgeskiedenis van die Kerk verduidelik, is later op VHS (1986) en DVD uitgereik.[7]
↑(en) Thabo Lenneiye: Harare 2040. Towards a More Inclusive City. A study by Gensler, the University of Pennsylvania School of Design, National University of Science & Technology, Old Mutual and The City of Harare. Morrisville, NC: Lulu Press 2014, bl. 14