Handley Page Victor | |
---|---|
Tipe | Bomwerper |
Vervaardiger | Handley Page |
Ontwerp deur | Reginald Stafford |
Nooiensvlug | 24 Desember 1952 |
Onttrek | 1993 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Britse Lugmag |
Aantal gebou | 86 |
DieHandley Page Victor was 'n Britsebomwerper en het saam met dieAvro Vulcan en dieVickers Valiant die sogenaamdeV-bomwerpers gevorm. Die prototipeHP80 Victor WB771 het, te Boscombe Down, sy nooiensvlug op 24 Desember 1952 voltooi. Die eerste produksie model is in 1956 voltooi en kon dieMach 1 bereik in klein duikvlugte. Aflewering het in November 1957 aan dieBritse Lugmag begin.Bomber Command het hulle operasioneel verklaar in April 1958 met 10 Eskader wat in diens gestel is.
Die tweede groep wat afgelewer is het 'n groter houer gehad in die agterkant om tru waarskuwingradar te huisves. Die motors was verbeter en diè modelle is B.1A genoem. DieVictor was nou 'nkernwapen bomwerper en deel van die V-bomwerpers. Met 'n bomvrag van 15,890 kg kon dit baie groter bomme dra as dieVulcan enValiant.
Die Mk.2 is toegerus met die nog beterRolls-Royce Conway motors; die vlerkbasis en luginlate moes aangepas word daarvoor. Die vlerke was ook langer, die agterkant van die romp was weer vergroot en die elektriese stelsel ook verbeter. Die eerste B.2 het in Februarie 1959 gevlieg. Soos die B.2's afgelewer is die B.1 en B.1A's omgeskakel na tenker hervul vliegtuie. Die eerste omgeskakeldeVictor het 28 April 1965 gevlieg.
Soos dieSowjetunie se verdediging verbeter het moes al die V-bomwerpers hulle strategie verander het om steeds hul rol as afskrikmiddel te kan vertolk. Die B.2's het oorgeskakel na lae-hoogte, hoë-spoed bomwerpers en het ook begin om dieBlue Steelkernkragmissiel te dra. Die laaste B.2 was voltooi in April 1963. Dit is ook die jaar wat dieVictor's naSingapoer geskuif het om as afskrikmiddel te dien teenIndonesië, wat die Britse Protektoraat vanMaleisië bedreig het.
Nege B.2's is verander na verkennings vliegtuie, model B(SR).2, met kameras en verwante toerusting wat in die bomrak geinstalleer is. Die standaardVictor het as 'n kernwapen bomwerper tot 1975 die diens verrig. Vanaf Mei 1974 is die oorskotVictor's omgeskakel na K.2 tenkers en in diens gebly tot 1988.
DieVictor het aan dieFalklandoorlog deelgeneem in 1982 as 'n tenker. Die lang bombarderings missie van dieAvro Vulcan's in die oorlog was slegs moontlik met die elf Victor-tenkers wat die bomwerpers en hul selfs kon hervul invlug. Ook tydens die oorlog hetVictor XH675 'n 11,263 km, 14-uur verkenningstog uit gevoer toe dit feitlik die hele suidAtlantiese Oseaan met radar gedek het.
In dieGolfoorlog van 1991 het agtVictor tenker vliegtuie van beide Amerika en Brittanje hervul. Hulle het 299 missies gevlieg tydens die oorlog.
DieVictor was finaal onttrek van diens op 15 Oktober 1993.
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 4 |
Tipe motor | Straalmotor |
Vervaardiger | Rolls-Royce Conway turbowaaier |
Kraglewering per motor | 9 352 kg stukrag |
Vlerkspan | 36,57 m |
Lengte | 35,03 m |
Hoogte | 8,57 m |
Vlerkoppervlakte | 241,3 m2 |
Maks. opstygmassa | 101 242 kg |
Maks. snelheid | 1 038 km/h |
Operasionele hoogte | 18 300 m |
Togafstand | 7 400 km |
Klimvermoë | Onbekend |
Bewapening | 15 890 kg konvensionele bomme of eenBlue Steel missiel |