Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Hamburger SV

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hamburger SV
logo
Volledige naamHamburger Sport-Verein e.V.
Bynaam
Opgerig29 September1887
StadionVolksparkstadion (tussentyds bekend
as dieImtech Arena),
Hamburg
Kapasiteit57 000
VoorsitterBernd Hoffmann
AfrigterChristian Titz
Kompetisie2. Bundesliga

Hamburger SV (HSV) is 'nDuitsesportklub uit die stadHamburg, veral bekend vir sysokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub onder meer afdelings viryshokkie,tafeltennis,krieket,pluimbal,bofbal,basketbal,rolbal,gholf,gimnastiek,handbal,hokkie,karate,atletiek,rugby,swem,tennis envlugbal. Die sokkerafdeling het reeds sedert1919 onafgebroke op die hoogste vlak van die Duitse sokkerstruktuur gespeel.

Die klub se geskiedenis begin op29 September1887, toeDer Hohenfelder Sportclub enWandsbek-Marienthaler Sportclub saamgesmelt het omSports Club Germania te vorm. Hierdie klub het in1919 metHamburg FC (gestig in1888) enFC Falke (gestig in1906) saamgesmelt om die huidigeHamburger Sport-Verein te vorm, nadat al drie klubs deur dieEerste Wêreldoorlog verswak gelaat is. Die klubkleure wasrooi enwit ter ere van die stad Hamburg, terwyl dieblou enswart van die oudste van die stigtersklubs,SC Germania, as die spanwapen in gebruik geneem is.

Die "nuwe" klub was vroeg suksesvol toe die eindstryd om die nasionale titel in1922 gehaal is teen1. FC Neurenberg, wat in sy derde agtereenvolgende eindstryd gespeel het. Die wedstryd is as gevolg van swak lig na 3 uur en 10 minute afgelas met die telling 2-2. Die herontmoeting is na 'n lang tydperk van ekstra tyd (met die telling 1-1) ook afgelas nadat Neurenberg slegs 7 spelers oorgehad het (geen reserwes is destyds toegelaat nie). Die besluit van die skeidsregter het tot groot omstredenheid gelei: DieDFB het die titel aan Hamburger SV toegeken, maar 'n beroep op hulle gedoen om in die naam van 'n goeie sportmangees nie die titel te aanvaar nie - waartoe hulle teësinnig ingestem het. Die Viktoriatrofee is op die ou end nie in1922 toegeken nie. Die klub het die "amptelike" titel die volgende seisoen die eerste keer gewen deur 3:0 metSC Union Oberschöneweide in die eindstryd af te reken.

Tydens dieDerde Ryk is die klub in dieGauliga Nordmark ingedeel en na dieTweede Wêreldoorlog in dieOberliga Noord. Hamburger SV was tot 2018 die enigste klub wat sedert die oprigting (in1963) onafgebroke in dieBundesliga gespeel het. Die 17de plek aan die einde van die 2017/18-seisoen het die eerste relegasie tot gevolg gehad.

Erelys

[wysig |wysig bron]

Duitse sokkerkampioen (7)

1921/1922, 1922/1923, 1927/1928, 1959/1960, 1978/1979, 1981/1982, 1982/1983

DFB-Pokal (3)

1963,1976,1987

Ligapokal (2)

1973,2003

Europese beker I (1)

1983

Europese beker II (1)

1978

Intertoto-beker (1)

2005

Onlangse ligaposisionering

[wysig |wysig bron]
  • 1963-64(I)Bundesliga6de
  • 1964-65(I)Bundesliga11de
  • 1965-66(I)Bundesliga9de
  • 1966-67(I)Bundesliga14de
  • 1967-68(I)Bundesliga13de
  • 1968-69(I)Bundesliga6de
  • 1969-70(I)Bundesliga6de
  • 1970-71(I)Bundesliga5de
  • 1971-72(I)Bundesliga10de
  • 1972-73(I)Bundesliga14de
  • 1973-74(I)Bundesliga12de
  • 1974-75(I)Bundesliga4de
  • 1975-76(I)Bundesliga2de
  • 1976-77(I)Bundesliga6de
  • 1977-78(I)Bundesliga10de
  • 1978-79(I)Bundesliga1ste
- Duitse kampioen
  • 1979-80(I)Bundesliga2de
  • 1980-81(I)Bundesliga2de
  • 1981-82(I)Bundesliga1ste
- Duitse kampioen
  • 1982-83(I)Bundesliga1ste
- Duitse kampioen
  • 1983-84(I)Bundesliga2de
  • 1984-85(I)Bundesliga5de
  • 1985-86(I)Bundesliga7de
  • 1986-87(I)Bundesliga2de
  • 1987-88(I)Bundesliga6de
  • 1988-89(I)Bundesliga4de
  • 1989-90(I)Bundesliga11de
  • 1990-91(I)Bundesliga5de
  • 1991-92(I)Bundesliga12de
  • 1992-93(I)Bundesliga11de
  • 1993-94(I)Bundesliga12de
  • 1994-95(I)Bundesliga13de
  • 1995-96(I)Bundesliga5de
  • 1996-97(I)Bundesliga13de
  • 1997-98(I)Bundesliga9de
  • 1998-99(I)Bundesliga7de
  • 1999-00(I)Bundesliga3de
  • 2000-01(I)Bundesliga13de
  • 2001-02(I)Bundesliga11de
  • 2002-03 (I)Bundesliga4de
  • 2003-04(I)Bundesliga8ste
  • 2004-05 (I)Bundesliga8ste
  • 2005-06 (I)Bundesliga3de
  • 2006-07 (I)Bundesliga7de
  • 2007-08 (I)Bundesliga4de
  • 2008-09 (I)Bundesliga5de
  • 2009-10 (I)Bundesliga7de
  • 2010-11 (I)Bundesliga8ste
  • 2011-12 (I)Bundesliga15de
  • 2012-13 (I)Bundesliga7de
  • 2013-14 (I)Bundesliga16de
  • 2014-15 (I)Bundesliga16de
  • 2015-16 (I)Bundesliga10de
  • 2016-17 (I)Bundesliga14de
  • 2017-18 (I)Bundesliga17de
  • 2018-19(II)2. Bundesliga

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]


Bundesliga 2025/26-seisoen

FC Augsburg -1. FC Union Berlyn -Werder Bremen -Borussia Dortmund -Eintracht Frankfurt -SC Freiburg -Hamburger SV -1. FC Heidenheim -TSG 1899 Hoffenheim -1. FC Köln -RB Leipzig -Bayer 04 Leverkusen -FSV Mainz 05 -Borussia Mönchengladbach -FC Bayern München -FC St. Pauli -VfB Stuttgart -VfL Wolfsburg

Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Hamburger_SV&oldid=2810008"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp