Halimeda | |
---|---|
![]() | |
Halimeda tuna | |
Wetenskaplike klassifikasie![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Filum: | Chlorophyta |
Klas: | Ulvophyceae |
Orde: | Bryopsidales |
Familie: | Halimedaceae |
Genus: | Halimeda J.V.Lamouroux, 1812 |
Tipespesie | |
Halimeda tuna | |
Spesies[2] | |
Sien teks |
Halimeda is 'ngenus van groenmikroalge. Die algeliggaam (thallus) bestaan uit gekalsifiseerde groen segmente. Dieweefsel bevatkalsiumkarbonaat, dus is dit vir die meesteherbivore oneetbaar. Eenspesie,Halimeda tuna, is egter beskryf as eetbaar met olie,asyn en sout.[3][4]
Net soos in ander lede van dieordeBryopsidales, bestaan indiwiduele organismes uit een meerkernigesel. Hele weide kan uit een indiwiduele alg bestaan wat deur fyn drade in die substraat verbind word.[5]
Halimeda veroorsaak kenmerkende sirkelvormige neerslae in verskeie dele van dieGroot Koraalrif aan die noordooskus vanQueensland,Australië.Halimeda-beddens vorm aan die westelike kant van buiteskildriwwe waar die toevoer van water van die oop see ryk aan voedingstowwe hulle toelaat om te floreer. Hierdie beddens is die grootsteHalimeda-beddens ter wêreld wat aktief versamel.
Die genus is een van die mees bestudeerde voorbeelde van kriptiese spesiepare weens die morfologiese konvergensie binne die marine makroalge.[6][7][8]
Sommige spesies groei so vinnig in tropiesestrandmere dat diesediment uitsluitlik uit die oorskot van hul weefsels bestaan en 'nkalkagtige sand, bekend as Halimedasand, vorm. Trouens, sommige tropiese rifstelsels soosatolle bestaan grootliks uit Halimedasand wat oor dieeons versamel het.[9]
Nà Theophraftus (1. cap. hist. c. 12) scribit circa Opuntem herbulam effe quandam, quae ex foliis radicem mittat, ac cum suauitate mandi possit. Plinius verò ipsum sequutus (21.cap.17) circa Opuntem, inquit, Opuntia est herba, etiam homini-dulcis: mirúmque è folio ejus radicem sièri, ac sic eam nasci. Et certè credibile est hanc plantam recentem cum aceto, sale, & oleo, vel etiam sine sale, non minùs suauiter edi posse quàm Portulacae marinae & sìmilium folia.
{{cite book}}
:|journal=
ignored (hulp)