Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Halberstadt CL.II

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Halberstadt CL.II
Duitse Halberstadt CL.II 14207/17 "3" vanSchlasta
TipeDubbeldekker veg en verkennings
VervaardigerHalberstadt
Ontwerp deurKarl Theis
Nooiensvlug1917
HoofgebruikerVoorloper vanLuftwaffe
Aantal gebou900
WeergawesHalberstadt CL.IV

DieHalberstadt CL.II is 'n dubbeldekker,Duitse tweesitplek veg/verkenningsvliegtuig wat in dieEerste Wêreldoorlog diens gedoen het. Dievliegtuig is vroeg in 1917 bekendgestel en die CL modelle was kleiner en ligter as die C model. Dit was in wese ontwerp ombomwerpers te begelei en ondersteuning te verskaf aan die troepe. Die bemanning van twee het agter mekaar gesit. Dit was bewapen met een or twee 7.9s mm gesinchroniseerde Spandau masjiengewere en 'n Parabellum geweer op 'n ring gemonteer agter dievlieënier. Vier tot vyf 10 kg mortierbomme (soms kleiner granate) was in rakke weerskante van die romp gedra. DieCL.II is diens gestel in die middel van 1917 en het onmiddellik beindruk.

Op 6 September 1917 het 24CL.II's verwoesting gesaai met Geallieerde troepe wat die brûe moes oorsteek tydens dieSlag van die Somme. Die vliegtuie het ook 'n groot rol gespeel in die Duitsers se terugveg poging tydens dieSlag van Cambrai op 30 November 1917.

Tegniese besonderhede

[wysig |wysig bron]
Besonderhede van die Halberstadt CL.II:
ItemStatistiek
Aantal motors1
Tipe motorSkroef
VervaardigerMercedes D.III waterverkoel inlynenjin
Kraglewering per motor160 perdekrag
Vlerkspan10,77 m
Lengte7,3 m
Hoogte2,75 m
Vlerkoppervlakte27,50 m2
Maksimum opstygmassa1,133 kg
Maksimum snelheid165 km/h op 5,000 m
Operasionele hoogte5 100m
Togafstand3 ure
BewapeningTwee 7.92 mm Spandau gesinchroniseerde masjiengewere
Een parrabellum masjiengeweer
4 tot 5 10 kg mortier bomme of kleiner granate

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Bron

[wysig |wysig bron]
Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Halberstadt_CL.II&oldid=2861037"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp