Die haka is 'n tradisionele genre van Māori-dans. Hierdie prent is van ca. 1845.
Diehaka is 'n tradisionele oorlogskreet, oorlogdans, of uitdaging in die kultuur van dieNieu-SeelandseMāorivolk.[1] Dit is 'n houdingsdans wat deur 'n groep uitgevoer word, met kragtige bewegings en voetstampe tesame met ritmiese krete.[2]
Die oorlogshaka sou oorspronklik deur krygers voor 'n geveg uitgevoer word om die vyand te intimideer, maar haka is ook vir ander redes uitgevoer: vir die verwelkoming van geëerde gaste, of by ander groot gebeurtenisse, enkapa haka optredegroepe is baie algemeen in skole.
Nieu-Seelandse sportspanne se praktyk om 'n haka voor hulle internasionale wedstryde uit te voer het die haka regoor die wêreld bekend gemaak. Hierdie tradisie het begin met die 1888–89New Zealand Native football team se toer en is sedertdien ook deur dieNieu-Seelandse rugby-unie span ("All Blacks") sedert 1905 voortgesit.[3]
Hoewel die gebruik van die haka deur die All Blacks rugby span en die Nieu-Seelandserugby league span een tipe haka bekend gemaak het, het dit tot wanopvattings gelei.[4] Die meeste haka word deur mans uitgevoer. Daar is egter sekere haka wat oorwegend deur vroue uitgevoer word – een van die mees bekendste synde dieNgāti Porou haka "Ka Panapana".[5]
'n Opvoering deur die Kahurangi Māori Dans groep
In die moderne era, is verskillende haka geskep vir opvoering deur vroue en selfs kinders.[6] Haka word vir verskeie redes uitgevoer, byvoorbeeld vir die verwelkoming van geëerde gaste, of by groot prestasies, geleenthede of begrafnisse.
Oorlogshaka (peruperu) sou oorspronklik deur krygers voor 'n geveg uitgevoer word om hulle krag en bekwaamheid te verkondig en om die vyand te intimideer. Tans vorm haka eerder 'n integrale deel van formele verwelkomingseremonies, byvoorbeeld van staatsgaste, en dra 'n gevoel van die belangrikheid uit aan geleenthede.
Verskeie aksies word tydens 'n opvoering gebruik, insluitend gesigskontorsies soos om die wit van die oë te wys en die tong uit te steek, asook 'n wye verskeidenheid van kragtige liggaamsaksies soos om die hande teen die liggaam te klap en met die voete te stamp. Die krete sluit woorde in, asook 'n verskeidenheid van nie-verbale geluide.
'n Groep mans en vroue voer 'n haka uit vir Lord Ranfurly by Ruatoki, Bay of Plenty, in 1904
Die verskeie tipes haka sluit inwhakatu waewae,tutu ngarahu enperuperu. Dieperuperu is gekenmerk deur spronge waar die bene onder die liggaam ingetrek word. Voorheen is dieperuperu uitgevoer voor 'n veldslag om 'n beroep op die Oorlogsgod te maak en om die vyand te ontmoedig. Dit sluit kwaai gesigsuitdrukkings in, tong uitsteek, krete, en die vertoon van wapens. As die haka nie in totale koordinasie uitgevoer is nie, sou dit as 'n slegte teken vir die geveg gesien word. Krygers het dikwels geen klere buiten 'n gevlegte vlasgordel om die heupe gedra.
Dietutu ngarahu het ook spronge, maar van kant tot kant, terwyl diewhakatu waewae geen spronge bevat nie. 'n Ander soort haka wat sonder wapens gedoen word is diengeri, wat die doel hehad het om die krygers sielkundig voor te berei. Die bewegings is baie vry, en van elke optreder is verwag om vrye uitlating aan sy gevoelens te gee.Manawa wera haka word oor die algemeen geassosieer met begrafnisse of ander geleenthede wat met die dood verbind word. Soos diengeri word dit sonder wapens uitgevoer, met min of geen koreografie.
Die mees bekende haka is "Ka Mate", wat toegeskryf word aan Te Rauparaha, die oorlogsleier van die Ngāti Toa stam. Die "Ka Mate" haka is 'nhaka taparahi – 'n seremoniële haka. "Ka Mate" handel oor die geslepe streek wat Te Rauparaha gebruik het om sy vyande te uitoorlê, en kan geïnterpreteer word as "'n viering van die oorwinning van die lewe oor die dood".[7]
Volgens Māori mitologie, het die songod, Tama-nui-te-rā, twee vroue gehad, die Somerdogter, Hine-raumati, en die Winterdogter, Hine-takurua. Haka sou volgens oorlewereing in die koms van Hine-raumati ontstaan het: haar teenwoordigheid op windstil warm dae sou in 'n bewerigheid in die lug waargeneem word. Dit was die haka van Tāne-rore, die seun van Hine-raumati en Tama-nui-te-rā.[8]
In die aanloop tot dieRugbywêreldbeker in 2011, het haka-uitvoerings deurblitsskares 'n gewilde manier geword om ondersteuning vir die All Blacks uit te druk. Sommige Māori-leiers het dit as "onvanpas" en 'n "verbastering" van die tradisionele oorlogkreet gesien,[9] ten spyte van sy gewildheid. Groot blitsskare haka is uitgevoer in Wellington[10] en Auckland,[11] asook in Londen, 'n stad met 'n groot Nieu-Seelandse immigrantgemeenskap.[12]
Die Haka het by talle moderne geleenthede opspraak verwek, soos byvoorbeeld in 2012, toe soldate van die 2de en 1ste Bataljon Koninklike Nieu-Seeland Infanterieregiment 'n haka uitgevoer het ter nagedagtenis aan kamerade wat in Afghanistan gesneuwel het.[13][14]
↑"Haka, Maori dance".Encyclopaedia Brittanica (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2020. Besoek op26 April 2017.
↑The group of people performing a haka is referred to as akapa haka (kapa meaningrow orrank). The Māori wordhaka has cognates in otherPolynesian languages, for example: Tonganhaka, 'hand action while singing'; Samoansaʻa, Tokelauhaka, Rarotonganʻaka, Hawaiianhaʻa, Marquesanhaka, all meaning 'dance'; Mangarevanʻaka, 'to dance in traditional fashion; dance accompanied by chant, usually of a warlike nature'. In some languages, the meaning is divergent, for example in Tikopiasaka means to 'perform rites in traditional ritual system'. The form reconstructed for Proto-Polynesian is*saka, deriving ultimately from Proto-Oceanic*saŋka(g).