Haas F1 Racing het in 2016 as 'n selfstandige span begin deelgeneem aan Formule Eenwedrenne.Ferrari verskaf en ondersteun tans die span met spesiaalontwerpte en doelgeboude renmotorenjins.
Op 29 September en 31 Oktober 2015 is aangekondig datRomain Grosjean die span se eerste[1] enEsteban Gutiérrez die span se tweede renjaer[2] in die 2016-seisoen sal wees. Ondanks goeie voorbereiding van hul renmotors, het die span se jaers weinig sukses behaal, en hul eindig in die agtste plek met 29 kampioenskapspunte in 2016.
Aan die einde van 2020 is beide Grosjean enKevin Magnussen se kontrakte nie hernu nie. Die span het met twee nuwelinge in 2021 begin,Mick Schumacher, seun van die sewemalige F1-wêreldkampioenMichael Schumacher en dieRusNikita Mazepin, wie se vader se maatskappye ook borgskap aan die span verskaf het. Mazepin is in 2022 in die span vervang deurKevin Magnussen, weens politieke redes (dieRussiese inval in Oekraïne, 2022). Sedert die2023-seisoen isNico Hülkenberg as bestuurder gekontrakteer nadat die jong Schumacher nie goeie resultate in die Grand Prix-wedrenne kon lewer nie, en ook by 'n paar geleenthede sy Haas-renmotor verwoes het.