Nasionale leuse:Liberté, égalité, fraternité[1](fr) Libète, Egalite, Fratènite(Haïtiaanse kreools) (Afrikaans: "Vryheid, Gelykheid, Broederskap") Tradisionele leuse op die wapen: L'union fait la force(fr) Inite se fòs[2](Haïtiaanse kreools) (Afrikaans: "Eenheid is krag")
• Verklaar • Erken • Eerste Keiserryk • Suidelike Republiek • Noordelike Staat • Koninkryk • Unifikasie van Hispaniola • Tweede Keiserryk • Republiek • Huidige grondwet
Haïti (Frans:Haïti, [a.iti];Haïtiaanse kreools:Ayiti, [ajiti]), amptelik dieRepubliek Haïti (Frans:République d'Haïti; Haïtiaanse kreools:Repiblik Ayiti),[8] is 'neilandstaat met 'n oppervlakte van 27 750 vierkante kilometer en 'n bevolking van 11 123 178 (2018) wat die westelike gedeelte vanHispaniola, een van die eilande van dieGroot Antille in dieKaribiese See, beslaan. Dit grens in die ooste aan dieDominikaanse Republiek.[9]
Die landsnaam het sy oorsprong in die taal van die Taíno, dieindigene bevolking van Hispaniola, en beteken "bergagtige land". Die huidige bevolking is merendeels nakomelinge van swartAfrikane. Diehoofstad en grootste stad isPort-au-Prince. Haïti is die tweede mees bevolkte land van die Karibiese gebied, net náKuba en nog voor die buurland Dominikaanse Republiek.
Haïti is die enigste staat inNoord- enSuid-Amerika wat by die minsteontwikkelde lande (LDC) gereken word. Naas sy onderontwikkelde ekonomie word Haïti se onstabiele politieke klimaat en veiligheidssituasie as sorgwekkend beskou. Daar het onder meer voorvalle van onluste oor hoë voedselpryse voorgekom – die plaaslikelandbousektor kan nie in die land se basiese voedselbehoeftes voorsien nie sodat groot bedrae aan buitelandse valuta aan agrariese invoere bestee moet word (waaronder jaarliks sowat 800 miljoen VSA-$ virrys).[10] Sowat drie miljoen Haïtiane was reeds genoodsaak om 'n heenkome in die buiteland te vind.
Op 12 Januarie 2010 om 4:53 nm plaaslike tyd het 'n sterkaardbewing Haïti getref en die land se infrastruktuur grotendeels vernietig. Die episentrum was naby Port-au-Prince.
Die Republiek Haïti beslaan die westelike derde van dieKaribiese eiland Hispaniola asook 'n aantal eilande langs sy kuslyn soos die Île de la Tortue en die Île de la Gonâve. Die land bestaan hoofsaaklik uit twee lang gestrekteskiereilande wat deur die Golf van Gonâve van mekaar geskei word. Die twee skiereilande word deur 'n aantal bergreekse en valleie oorheers.
Die Morne de la Selle (2 680 meter) is die hoogste bergpiek in Haïti en die vierde hoogste in die Karibiese eilandgroep. Dit is in die bergreeks Sierra de Bahoruco in die suidooste van die land geleë, naby die grens met die Dominikaanse Republiek waar die landskap al hoe meer bergagtig word. In die sentrale dele van Haïti bereik die bergpieke maksimale hoogtes van tussen 1 500 en 1 800 meter bo seevlak, terwyl hulle in die Massif du Sud op die Tiburon-skiereiland tot by hoogtes van sowat 2 400 meter verrys.
Die natuurlikeflora is lankal as gevolg van grootskaalse ontbossing vernietig sodat bosgebiede tans nog slegs sowat een persent van die totale oppervlakte beslaan en groot dele van die land deur erosie bedreig word. Daarnaas vorm sterk tektoniese aktiwiteit met die gepaardgaandeaardbewings asook oorstromings en werwelstorms 'n konstante bedreiging vir die bewoners.
Haïti is in 'n oorgangsgebied tussen die subtropiese en tropiese sone geleë en word deur 'n wisselvogtige (matig droë) klimaat met 'n droë seisoen tussen Desember en Maart gekenmerk. Die boslose berggebiede aan die lykant kry jaarliks tot by 2 400 millimeter reën, terwyl in die vlaktes en valleie net omstreeks 300 millimeter neerslae aangeteken word.
Die eiland Hispaniola is in 1492 deurChristophorus Columbus namens dieSpaanse Kroon in besit geneem. In 1697 is dieSpanjaarde gedwing om die westelike gedeelte van die eiland (sowat 'n derde van die totale oppervlakte) aanFrankryk af te staan. Die grondgebruik het oorwegend uit suikerrietplantasies bestaan. Terwylslawe uit Afrika vir die harde werk op die plantasies ingespan is, het die eienaars groot rykdomme verwerf.
As gevolg van dieFranse Rewolusie en die slawebevryding het die swart en kleurlingbevolking van Haïti in 1791 in opstand teen dieFranse koloniale bewind gekom. In 1804 het Jean-Jacques Dessalines homself totkeiser van Haïti laat uitroep. Toe hy later vermoor is, hetSpanje sy kans gegryp om sy vroeëre besitting te herower. In die suide van die land het 'n kleurlingrepubliek tot stand gekom, terwyl die swart bevolking in die noorde 'n eie staat gestig het. Die twee landsdele is in 1820 in 'n gemeenskaplike staat verenig en het in 1822 ook die Spaanse gebiede in die ooste van Hispaniola ingeneem. Hierdie gebiede het nogtans in 1844 as Dominikaanse Republiek weer hul onafhanklikheid van Haïti verklaar. Haïti het tussen 1849 en 1859 weer na 'n monargiese stelsel met 'n keiser as staatshoof teruggekeer. Daarna is die land deurburgeroorloë ontwrig.
DieVerenigde State het Haïti vanweë sy politieke onstabiliteit in die tydperk tussen 1915 en 1934 beset. Tussen 1957 en 1986 hetFrançois Duvalier (wat in die volksmond "Papa Doc" genoem is, 1907–1971) en sy seun Jean-Claude ("Baby Doc", * 1951) die land as diktatore oorheers. Hul bewind het Haïti se ekonomie in chaos gedompel.
Die opposisieleierJean-Bertrand Aristide, 'nRooms-Katolieke priester, is in 1990 as nuwe staatshoof verkies, maar reeds een jaar later in 'nmilitêre staatsgreep ontmagtig. Danksy Amerikaanse steun het hy die presidentsamp vanaf 1994 weer beklee. In 1995 is Réné Préval as sy opvolger verkies, tog het Aristide die volgende verkiesing in 2000 weer gewen. Sy bewind was deur sistemiese korrupsie gekenmerk, en vanaf 2003 was Haïti die skouplek van massabetogings en gewelddadige onluste wat tot 'n ope rebellie teen die regering gegroei het. In 2004 het Aristide as staatshoof bedank en na die buiteland gevlug. DieVerenigde Nasies seVeiligheidsraad het 'n vredesmag in die land ontplooi om die oorgangsregering se stappe om demokrasie te konsolideer te steun. Réné Préval het die presidentsverkiesing van 2006 gewen en op 14 Mei 2011 word die sanger Michel Martelly president. Hy is op 7 Februarie 2017 deur die sakeman Jovenel Moïse opgevolg.
Die huidige Haïtiaanse bevolking is oorwegend nakomelinge van slawe wat deur die koloniale Franse bewindhebbers as plantasiewerkers vanuit Afrika na die Karibiese land gebring is. Ook die plaaslikeVodou-godsdiens het sy oorsprong inWes-Afrika.
Sowat 'n derde van die bevolking (35 persent) is kleurlinge, terwyl blankes 'n klein minderheid vorm.[11] Ander statistieke toon afwykende proporsies met tot 95 persent swartes en vyf persent kleurlinge en blankes.[12]
Byna veertig persent van die Haïtiaanse bevolking is verstedelik, terwyl vier vyfdes van die landelike bevolking onder die broodlyn leef. Die bevolkingsgroeikoers is die hoogste inLatyns-Amerika en word net deur 'n eweneens hoë babasterftekoers verminder. Met ruim 53 jaar het Haïtiane die laagste lewensverwagting van alle Karibiese lande. Meer as die helfte van die bevolking isongeletterd.
'n Kind op 'n vullishoop in die krotbuurte van Cité Soleil
Haiti word as die armste land in dieWestelike Halfrond beskou – die jaarlikse per capita-inkomste het in 2007 sowat 600 VSA-$ beloop. Sowat tagtig persent van die bevolking moet met minder as 2 VSA-$ per dag oorleef, die helfte van alle Haïtiane het selfs minder as 1 VSA-$ per dag.[13]
Op die Verenigde Nasies seMenslike-ontwikkelingsindeks (MOI) word Haïti as die 146ste van 177 lande geranglys. Die land is tot 'n groot mate afhanklik van finansiële en tegniese steun uit die buiteland. Sowat tagtig persent van alle staatsbeleggings en veertig persent van die nasionale begroting word tans uit buitelandse bronne gefinansieer. Haïti se infrastruktuur, openbare dienste, onderwys- en gesondheidsstelsel is nog onderontwikkeld.
Daarnaas het ook natuurrampe soos oorstromings en siklone, wat die land in 2008 getref het, en die sterk aardbewing van Januarie 2010 daartoe bygedra dat Haïti se ekonomiese situasie nie verbeter het nie.
Die nasionale geldeenheid, die Gourde, fluktueer sterk teenoor ander geldeenhede. Die inflasiekoers het in laat 2007 sowat tien persent beloop.
Diebruto binnelandse produk (BBP) het in 2008 tot 6,7 miljard VSA-$ gestyg (in vergelyking met 6,1 miljard VSA-$ in 2007, 5,0 miljard VSA-$ in 2006 en 4,2 miljard VSA-$ in 2005). Sowat 'n vyfde van Haïti se BBP (meer as 1 miljard VSA-$) is afkomstig van geld wat Haïtiaanse burgers uit die buiteland huis toe stuur. In 2004 het die landbousektor (waarin sestig persent van die ekonomies aktiewe bevolking werksaam is) 27 persent tot die BBP bygedra, die nywerheidsektor 17 persent en die dienstesektor 55 persent.[14]
In Junie 2009 is danksy die HIPC-inisiatief 1,2 miljard VSA-$ van Haïti se buitelandse skuldlas gekanselleer. Die amptelike skuldlas beloop tans nog 700 miljoen VSA-$. Daarnaas het die land se tekstielbedryf volgens die HOPE II-program (Haitian Hemispheric Opportunity through Partnership Encouragement) bevoorregte toegang tot die Amerikaanse mark.
Haïti se handelsbalans word deur 'n konstante tekort gekenmerk – in 2007 is goedere ter waarde van 1,837 miljard VSA-$ ingevoer, terwyl uitvoere slegs 558,9 miljoen VSA-$ beloop het. Belangrike invoergoedere sluit voedsel, verwerkte goedere en masjiene asook brandstowwe en onverwerkte hulpbronne in. Haïti se uitvoere bestaan hoofsaaklik uit tekstiele en landbouprodukte soos olies,kakao,veselperskes enkoffie.
Die Verenigde State is steeds die beduidendste handelsvennoot – sowat die helfte van die Haïtiaanse invoere kom uit die VSA, en sowat tagtig persent van alle uitvoere is vir die Amerikaanse mark bestem. Ander beduidende handelsvennote ten opsigte van invoere is dieNederlandse Antille (15 persent),Colombia enMaleisië (vyf persent).
Die belangrikste buitelandse markte vir Haïtiaanse uitvoere is die Dominikaanse Republiek (tien persent van alle uitvoere),Kanada (drie persent) enMeksiko (1,5 persent).