Hypertext Markup Language (HTML) (Afrikaans:hiperteksmarkeertaal) is 'n taal wat die uitleg van dokumente spesifiseer. HTML word veral vir die vertoon vanwebblaaie op dieWêreldwye Web gebruik.
In sy mees basiese vorm word HTML gebruik om tekste in te deel in paragrawe, opskrifte en aan te dui watter teks benadruk moet word (deur van vet letters, skuinsdruk of onderstreping gebruik te maak). 'n Belangrike onderdeel van HTML is dat dithiperteks moontlik maak, waar daar in 'n dokument verwysings na ander dokumente ingebou kan word. So 'n verwysing word dan 'nskakel (Engels – hyperlink) genoem. HTML maak dit ook moontlik om beeldmateriaal en ander multimedia in 'n dokument op te neem.
Die formaat van teks asook die struktuur van die dokument word aangedui deur middel van opmerktekens of etikette (Engels –tags). HTML word meestal met 'nwebblaaier besigtig. 'n Webblaaier is 'n program wat die HTML-dokumente aanvra, die etikette interpreteer en dan 'n geformatteerde dokument aan die gebruiker vertoon.
Met die verloop van jare het die verskillende aantalopmerktekens (tags) wat in HTML gebruik is, baie uitgebrei. Om interpretasie probleme te voorkom het dieWorld Wide Web Consortium (W3C) 'n standaard daargestel om te bepaal watter opmerktekens geldig is en hoe hulle geïnterpreteer moet word. Die standaard is al verskeie kere op datum gebring om vir nuwe ontwikkelings voorsiening te maak. Die nuutste aanvaarde standaard HTML 4.01, dateer uit Desember 1999.
HTML as opmerktaal het geblyk onvoldoende te wees om in die behoeftes van akkurate weergewing van dokumente en om interaktiwiteit te voorsien. Dit het dan aanleiding gegee tot aanvullende standaarde om die gebreke aan te spreek, onder andereCascading Style Sheets (wat veral bemoeid is om akkurate en konsekwente formatering van dokumente te verseker) enJavascript (wat daarop gemik is om interaktiwiteit van dokumente te verhoog).
Die mededinging tussen die skeppers van webblaaiers het 'n belangrike rol gespeel in die ontwikkeling van HTML. Die skeppers van webblaaiers het op eie houtjie nuwe etikette ontwikkel wat dikwels dan nie deur ander webblaaiers gelees en geïnterpreteer kon word nie en verder het elkeen ook hulle eie interpretasies gehad van stylesheets (opmerktekens wat oorhoofse uitleg bepaal) asook van die javascript. Sommige van hierdie HTML-etikette is later in die standaard opgeneem maar ander is egter nie opgeneem nie. Tot op hede is daar nog steeds verskille te vinde in hoe moderne blaaiers dieselfde dokumente vertoon.
Daar bestaan enkele variasies wat verwant is aan HTML:
CHTML, 'n beperkte vorm van HTML, wat ontwikkel is vir gebruik op PDA's en selfone.
Dynamic HTML of DHTML. Dit is nie 'n amptelike spesifikasie nie, maar 'nbemarkingsterm vir HTML wat gebruik is met die vrystelling van weergawe 4 blaaiers. Die term dui die kombinasie vanJavascript en HTML aan, wat dit moontlik maak dat die inhoud gewysig kan word deur die gebruiker se aksies.
WML (Wireless Markup Language), wat ontwikkel is vir toestelle watWAP kan gebruik.
XHTML, word allerweë as die opvolger van HTML beskou (al word beide standaarde nog in parallel deur die W3C onderhou).
Die geskiedenis van HTML het in die eerste jare hand aan hand gegaan met die ontwikkeling van die eerste webblaaiers. Die belangrikste hiervan was die mededingende blaaiers van Netscape en Microsoft (sien ookblaaieroorlog). Met die vrystelling van elke nuwe blaaier weergawe is HTML uitgebrei of aangepas. Die W3C het probeer om standaarde vas te stel maar die standaard het nie altyd tred gehou met ontwikkelinge nie en was dikwels verouderd.
HTML is in1991 uitgedink deurTim Berners-Lee met die doel om wetenskaplike dokumente vanCERN inGenève makliker toeganklik te maak. Hy ontwikkel dan ook die eerste webblaaier wat hyWorldWideWeb noem. In 1993 word die webblaaierMosaic deur dieNCSA ontwikkel, wat vir die eerste keer ook grafiese elemente kon ondersteun. Dit dien dan ook as basis vir die ontstaan vanNetscape Navigator in 1994. Met die koms van hierdie twee webblaaiers het die gewildheid van die wêreldwye web met rasse skrede toegeneem. Beide blaaiers het elemente bygedra tot die oorspronklike HTML. Kort daarna het Microsoft tot die stryd toegetree met hulle eie webblaaier.
Die eerste amptelike HTML-spesifikasie van die W3C wasHTML 2.0 en is in September van 1995 aanvaar. Vroeër het hulle gewerk aan die uitbreiding van die oorspronklike standaard onder die naamHTML+ (wat in November 1993 gepubliseer is). Al voor die amptelike vrystelling van HTML 2.0 is daar al gewerk aan die volgende spesifikasie (HTML 3.0). Hierdie spesifikasie is gevolg deur die vrystelling van Netscape weergawe 3 en is die konsepvoorstel reeds in September van 1995 vrygestel. Die werk is voortgesit met die vrystelling van HTML-weergawe 3.2 wat ook onder die naam "Wilbur" bekend gestaan het. Wilbur is in Januarie van 1997 amptelik aanvaar. In Desember van 1997 word die HTML 4.0 spesifikasie amptelik aanvaar, waarna HTML 4.01 (Desember 1999) na enkele klein regstellings aanvaar word.
Die HTML 4.01 spesifikasie is bedoel om die laaste HTML-spesifikasie te wees. Verdere ontwikkeling van die standaard vind plaas asXHTML en met die ontwikkeling van stylesheets en javascript. Die verskillende spesifikasies ondersteun grotendeels die ouer weergawes en kan moderne blaaiers dus ook nog ouer dokument goed weergee. 'n Aantal etikette wat deur indiwiduele skeppers van webblaaiers bedink is, is egter nooit in die spesifikasies opgeneem nie en word ook nie deur alle moderne blaaiers ondersteun nie.
'n HTML dokument kan as 'n alleenstaande dokument gestoor word op 'n stoormedium. Sulke dokumente dra gewoonlik die.htm of.html uitbreiding. Op die Wêreldwye Web word (tydelike) HTML dokumente dikwels op versoek van 'n blaaier gegenereer met behulp vanbedienerkant skripte of metCGI. Sulke bladsye het dikwels 'nURL waarvan die uitbreiding verskil met die van HTML dokumente, byvoorbeeld.asp virActive Server Pages en.php vir dokumente wat geskep is metPHP.
(X)HTML kan ook geskep word deur dietransformasie vanXML enXSL, waar die inhoudelike gegewens in die XML-dokument staan en die vormgewende (struktuur) inligting in die XSL-dokument opgeneem is. Die blaaiers vanMozilla enMicrosoft is in staat om hierdie transformasies uit te voer. Ander blaaiers ondersteun dit nie. Die transformasie kan egter ook deur diewebbediener uitgevoer word.
Tegnies beskou is HTML 'n formeleopmerktaal, wat opSGML gebaseer is.XML is ook 'n onderdeel van SGML. XHTML bevat eienskappe van XML sowel as HTML. 'nDOCTYPE verklaring aan die begin van die dokument gee inligting rondom volgens watter HTML spesifikasie die dokument geïnterpreteer moet word. Moderne webblaaiers kan HTML dokumente op twee wyses weergee: dieStandard compliance mode wat gebruik word vir dokumente wat aan streng HTML spesifikasies voldoen en dieQuirksmode wat vir ouer spesifikasies gebruik word. Die keuse word gemaak na aanleiding van die DOCTYPE verklaring.
'n Dokument met korrekte HTML bevat buiten hierdie verklaring uit 'nhtml etiket, wat onderverdeel word met 'nheader asook 'nbody of 'nframeset etiket. Dieheader bevat inligting oor die dokument soos die titel en watter stylesheets, skripte enmetatags gebruik word. Diebody bevat inligting wat in die dokument sigbaar sal wees. Deur van dieframeset etiket gebruik te maak word ander HTML-dokumente in raampies op die skerm vertoon.
HTML het gegroei vanaf 'n opgemerkte teks met prentjies tot 'nobjekgeoriënteerde benadering tot die saamstel van 'n dokument. Ook hiervoor het die W3C 'n standaard ontwikkel: dieDocument Object Model, (afgekort tot DOM). Die DOM maak dit moontlik om met behulp van skripte die elemente van 'n dokument afsonderlik te benader en aan te pas, ook kan nuwe elemente dinamies toegevoeg of bestaande elemente verwyder word.
As voorbeeld, kyk gerus na die bronkode van hierdie bladsy.
Indien dit nie gedoen word nie salsoekenjins nie die bladsy as Afrikaans kan identifiseer nie. Die bladsy kan dan moontlik as Engels of Nederlands geïndekseer word.
Net sekere paragrawe kan ook as Afrikaans gemerk word. Hier is 'n voorbeeld:
<p lang="af">Die paragraaf is in Afrikaans</p><p lang="nl">Dutch pagina</p><p lang="en">This paragraph is in English</p>