Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Gweru

Koördinate:19°25′0″S29°50′0″O / 19.41667°S 29.83333°O /-19.41667; 29.83333
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Gweru

(vroeër Gwelo)
Leuse(s): 
"Progress"
Gweru is in Zimbabwe
Gweru
Gweru
Koördinate:19°25′0″S29°50′0″O / 19.41667°S 29.83333°O /-19.41667; 29.83333
LandVlag van Zimbabwe Zimbabwe
ProvinsieMidlands
Hoogte
1 410 m (4 630 ft)
Bevolking
 • Totaal141 260
TydsoneUTC+2 (SAT)

Gweru (voorheenGwelo) is die hoofstad vanZimbabwe se sentrale provinsie en ook die land se vierde grootste stad, naasHarare,Bulawayo enMutare.

Die stad is in1894 gestig, verkry in Julie1914 munisipale status en het stadstutus in1971 verwerf. Die belangrikste bedryf om die stad is boerdery terwyl nywerheidsontwikkeling baie tot die stad se voorspoed bygedra het tot met die ineentsorting van die land se ekonomie ná2000.

In1960 was die stad se bevolking 27 290, waarvan 8 110 wit was, 500 bruin en Indiërs, en 18 680 swart. Die geraamde bevolking in2007 was 148 935.

NG gemeente

[wysig |wysig bron]

Voor die afstigting van Gwelo is dit as buitepos van dieBulawayo-gemeente bedien. Op6 November1920 vergader die ringskommissie van die Ring vanBulawayo op Gwelo in 'n sinkkerkie en 'n hele dag se beraadslaging, veral oor die vaslegging van grense, is tot die afstigting van die gemeente oorgegaan. Dit was maar die vyfde gemeente in die destydse Suid-Rhodesië.

Ds. J.N. Geldenhuys van Bulawayo is vir die tweede maal beroep en op3 Junie1922 bevestig. Hy vetrek weer in Oktober1925 waarna sewe vrugtelose beroepe uitgebring word voor ds. G.J. van Zyl op3 Februarie1927 bevestig is. Hy het die land na 16 jaar as 'n gebroke man weens swak gesondheid verlaat. Dit is heel te verstane aangesien hy in der waarheid sewe gemeentetjies (met al die buiteposte) moes bedien.

Ds. H. Botha volg ds. Van Zyl op9 Januarie1944 op. Ná 'n bedrywige bediening van meer as se jaar verlaat hy en sy vrou die land om na dieNG gemeente Fauresmith te gaan. Ds. en mev. Botha was nie net vir Gwelo nie, maar vir die hele Suid-Rhodesië van onskatbare waarde op geestelike sowel as tydelike gebied en het 'n groot aandeel aan die opbou van Noord-Rhodesië (Zambië) vir die kerk gehad.

Soos die ander gemeentes in die land het Gweru se lidmaattalle na onafhanklikheid dramaties afgeneem van 391 in1978 tot 128 in1994, 50 in2006 en 3 in2008.

Bronne

[wysig |wysig bron]
  • Olivier, ds. P.L. (samesteller),Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
  • George, K.J. (red.),Official South African Municipal Year Book 1961-1962, Pretoria, 1962.
  • Mayhew, Vic (red.),Reader’s Digest Illustrated Guide to Southern Africa, The Reader’s Digest Association South Africa (Pty.) Limited, Kaapstad, 1980.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Gweru&oldid=2486521"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp