Guppie |
---|
 |
Volgroeide vroulike en manlike individue. |
|
---|
|
Wetenskaplike klassifikasie |
---|
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: |
|
Infrafilum: | |
Superklas: |
|
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. reticulata |
Binomiale naam |
---|
Poecilia reticulata
|
Sinonieme |
---|
Acanthocephalus guppii A. reticulatus Girardinus guppii G. petersi G. poeciloides G. reticulatus Haridichthys reticulatus Heterandria guppyi Lebistes poecilioides L. reticulatus Poecilia poeciloides Poecilioides reticulatus |
Dieguppie (Poecilia reticulata) is 'n varswatervis. Dit is een van die gewildsteakwariumvisspesies ter wêreld. Die vis kom natuurlik voor in noordoostelikeSuid-Amerika en dieKaribiese Eilande. InSuider-Afrika kom dit voor inKwaZulu-Natal, dieKurumanoog en dieOtjikotomeer inNamibië. Dit staan ook bekend as diemiljoenvis.
Voorkoms
Die wyfie (60 mm) is groter as die mannetjie (30 mm) en die lyf is dieper en ronder as die mannetjie s'n. By die wyfie is die stertvin ook bolrond. Die mannetjie is skraler met goed ontwikkeldegonopodia. Die mannetjie se kleur wissel aansienlik en het gewoonlik kombinasies van helderrooi, blou,turkoois en geel. Swart kolle en strepe kan ook voorkom. Die wyfie het 'n swart kol bokant dieanus.
Habitat
Die guppie is lid van die familiePoeciliidae. Soos al die ander lede van die familie word hulle lewendig gebore (die eiers broei uit binne die wyfie); dusovovivipaar. Hulle is ook bekend as vinnige broeiers. Die draagtydperk is 22 tot 26 dae. Die vis kan in vars- en brakwater leef. Hulle verkies egter warmer water, 23-24 °C, en benodig water met baie plantegroei in vir oorleweing. Die vis vreetmuskietlarwes en kleinwurms.
Trivia
Robert John Lechmere Guppy het guppies vir die eerste keer in 1866 inTrinidad ontdek. Die vissie is die eerste keer in1912 inGauteng enKwaZulu-Natal losgelaat asnatuurlike plaagbeheer teen muskiete.
Sien ook
Eksterne skakel