Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Guinee-Bissau

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Republiek Guinee-Bissau
República da Guiné-Bissau (Portugees)
Vlag van Guinee-BissauEmbleem van Guinee-Bissau
VlagEmbleem
Nasionale leuse:Unidade, Luta, Progresso
(Portugees vir: "Eenheid, Stryd, Vooruitgang")
Volkslied:Esta É a Nossa Pátria Bem Amada
(Portugees vir: "Dit is ons geliefde vaderland")
Ligging van Guinee-Bissau
HoofstadBissau

11°52′N15°36′W / 11.867°N 15.600°W /11.867; -15.600

Grootste stadBissau
Amptelike talePortugees
RegeringUnitêre semi-presidensiële
grondwetlikerepubliek
Umaro Sissoco Embaló
Braima Camará
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Erken
• Huidige grondwet
vanPortugal
24 September1973
10 September1974
6 Mei1984
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
36 125[1] km2  (137ste)
13 948 myl2
22,4
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2002-sensus
 -Digtheid
 
2 132 325[1] (150ste)
1 345 479
59 / km2 (154ste)
152,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$6,620 miljard[2] (172ste)
$3 279[2](168ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$2,274 miljard[2] (174ste)
$1 126[2](165ste)

MOI (2023) 0,514[3] (174ste)  – laag
Gini (2021)33,4[4] – hoog
GeldeenheidCFA-frank (XOF)
Tydsone
 -Somertyd
GMT (UTC±0)
nie toegepas nie (UTC±0)
Internet-TLD.gw
Skakelkode+245

Guinee-Bissau (Portugees:Guiné-Bissau, [ɡiˈnɛ biˈsau]), amptelik dieRepubliek Guinee-Bissau (República da Guiné-Bissau, [ʁɛˈpuβlikɐ ðɐ ɣiˈnɛ βiˈsaw]), is 'nland inWes-Afrika en een van die kleinste nasies op die vasteland vanAfrika. Dit word deurSenegal begrens in die noorde, enGuinee in die suide en ooste, met dieAtlantiese Oseaan in die weste. Die land was voorheen bekend as diePortugesekolonie Portugees-Guinee, maar die naam van die hoofstadBissau is tot die amptelike naam toegevoeg om verwarring daarmee en met dieRepubliek Guinee te voorkom. Guinee-Bissau beslaan 'n oppervlakte van 36 125 km² en het in 2024 'n bevolking van 2 132 325 gehad.[1]

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]
Vlag van die Portugese Kompanie vir Guinee
PAIGC-magte hys dievlag van Guinee-Bissau in 1974

Guinee-Bissau was vroeër die Koninkryk Gabù, deel van dieMaliryk; dele van die koninkryk het bly voortbestaan tot die 18de eeu. Die riviere en kus van die gebied was egter van die eerste plekke wat deur diePortugese, wat dieslawehandel in die 17de eeu begin het, gekoloniseer is. Die binneland is nie verken tot die 19de eeu nie. 'n Rebellie wat in 1956 deur diePartido Africano para a Independência da Guiné e Cabo Verde (PAIGC) (Afrika Party vir die Onafhanklikheid van Guinee en Kaap Verde) begin is, konsolideer sy houvas op die land teen 1973. Onafhanklikheid word eensydig verklaar op 24 September 1973 en is erken deur 'n 93-7VN Algemene Vergadering stemmery in November, 'n ongekende stap, aangesien dit onwettige Portugese aggressie en besetting verdoem het en plaasgevind het voor algehele beheer en Portugese erkenning. Erkenning word universeel na diePortugese rewolusie van 1974. Die land is tot 1984 deur 'n rewolusionêre raad beheer. Die eerste veelpartyverkiesings is in 1994 gehou, maar 'n weermagopstand in 1998 lei tot die president se ontseteling en die Guinee-Bissauburgeroorlog. Verkiesings is in 2000 gehou en Kumba Yala is verkies.

In September 2003 vind 'nstaatsgreep plaas waarin die weermag Yala arresteer omdat "hy nie in staat daartoe was om probleme op te los nie". Nadat dit verskeie kere uitgestel is, word wetgewende verkiesings in April 2004 gehou. 'nMuitery ondermilitêre faksies inOktober 2004 lei tot die dood van die hoof van die gewapende magte en veroorsaak landswye onrus.

In Junie 2005 word Presidensiële verkiesings vir die eerste keer gehou sedert die staatsgreep Yala afgeset het. Yala keer terug as 'n kandidaat vir die PRS en maak aanspraak daarop dat hy die regmatige president van die land is, maar die verkiesing word gewen deur voormalige PresidentJoão Bernardo Vieira, wat in die 1998 afgeset is. Vieira was 'n kandidaat vir een faksie in die PAIGC. Vieira verslaan Malam Bacai Sanha in die tweede rondte, maar Sanha weier aanvanklik om toe te gee en beweer dat die verkiesing onder bedrog gebuk gegaan het in twee kiesafdelings, insluitend die hoofstad Bissau.

Nieteenstaande verslae dat daar 'n invloei van wapens plaasgevind het in die weke wat die verkiesing voorafgegaan het en verslae berig het oor 'n mate van 'ontwrigtings tydens veldtogvoering' – insluitend aanvalle op die Presidensiële Paleis en die Ministerie van Binnelandse sake deur steeds onbekende gewapende mans – bestempel Europese waarnemers die verkiesing as "kalm en georganiseerd".[5]

Politiek

[wysig |wysig bron]

Guinee-Bissau het 'n veelparty Nasionale Volksraad, sowel as 'n president, beide wat deur algemene verkiesings verkies word. Die president stel die eerste minister aan ná konsultasie met die party in die volksraad. Die voormalige president, Kumba Yala, behoort aan die Social Renovation Party of PRS; ander partye in die raad sluit in die Guinea-Bissau Resistance en PAIGC.

Streke

[wysig |wysig bron]
Kaart van Guinee-Bissau se streke

Guinee-Bissau is verdeel in nege streke (regiões):

Geografie

[wysig |wysig bron]
Nasa-satellietbeeld van Guinee-Bissau
Kaart van Guinee-Bissau

Die klein tropiese landjie lê op 'n lae hoogte bo seespieël; die hoogste punt is 300 meter daarbo. Die binneland issavanne, en die kus is 'n moerasserige vlakte. Diemoesonagtige reënseisoen wissel af met tye van warm, droë harmattanwinde wat van dieSahara af waai. Die Bijagos-argipel strek tot in die see.

Ekonomie

[wysig |wysig bron]

Guinee-Bissau is onder die 20 armste lande in die wêreld. Boerdery- envissery-ekonomie het 'n ernstige knou gekry tydens die 1998–99 burgeroorlog. Die land het buitelandse skuld van $ 921 miljoen en is onderworpe aan 'nIMF strukturele aanpassingsprogram.

Een van Guinee-Bissau se belangrike inkomstebronne iskasjoeneute, waarvan uitvoere 90 000ton per jaar bedra. In Januarie 2005 kondig die regering aan dat 'nsprinkaanswerm die onmisbare gewas bedreig, en dat die land nie die hulpbronne het om die plaag die hoof te bied nie.

Demografie

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Demografie van Guinee-Bissau.
Verspreiding vanetniese groepe in Guinee-Bissau

Die bevolkings van Guinee-Bissau is etnies divers met verskillende tale, gebruike en sosiale strukture. Die mees gesproke taal isPortugees-Kreools (44%); Portugees word deur 14% gepraat. Meeste mense is boere met tradisionele godsdienstige oortuigings (animisme); 45% isMoslems, hoofsaaklikFula enMandinkasprekers gekonsentreer in die noorde en noordooste. Ander belangrike groepe is die Balanta en Papel, wat in die suidelike kusgebiede woon, en die Manjaco en Mancanha, in die sentrale en noordelike kusgebiede.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,2(en)"Guinea-Bissau".Central Intelligence Agency. Besoek op17 Augustus 2025.
  2. 2,02,12,22,3(en)"Guinea-Bissau".Internasionale Monetêre Fonds. April 2025. Besoek op17 Augustus 2025.
  3. (en)"Human Development Report 2025"(PDF). United Nations Development Programme. 6 Mei 2025. Besoek op17 Augustus 2025.
  4. (en)"Gini index – Guinea-Bissau".Wêreldbank. Besoek op17 Augustus 2025.
  5. (en)"Army man wins G Bissau election".BBC. 28 Julie 2005.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2019. Besoek op2 Maart 2020.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
Algemeen

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metGuinee-Bissau.

Nuus

[wysig |wysig bron]

Oorsigte

[wysig |wysig bron]

Gidse

[wysig |wysig bron]

Toerisme

[wysig |wysig bron]

Ander

[wysig |wysig bron]
Lande en gebiede inAfrika
Onafhanklike lande
Omstrede gebiede
Afhanklike gebiede
Frankryk
Portugal
Spanje
Verenigde Koninkryk
Lande van
1. Landdeels inAsië.
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Guinee-Bissau&oldid=2831564"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp