Guido van Arezzo (ookGuido Aretinus,Guido Aretino,Guido da Arezzo,Guido Monaco,Guido d'Arezzo, ofGuy van Arezzo ookGuy d'Arezzo) (991/992 – na 1033) was 'nItaliaanse musiekteoretikus van dieMiddeleeue. Hy word beskou as die uitvinder van moderneMusieknotasie, ofNotebalknotasie, watNeumatiese notasie vervang het. Sy teks, dieMicrologus, was die tweede mees verspreide verhandeling op musiek in die Middeleeue naas die skrywes vanBoethius.
Guido was 'nBenediktynsemonnik van dieItaliaanse stadstaatArezzo. Onlangse navorsing het syMicrologus na 1025 of 1026 gedateer, aangesien Guido in 'n brief gekonstateer het dat hy vier-en-dertig was toe hy dit geskryf het,[1] en sy geboortedatum geag word as omstreeks 991 n.C. of 992 n.C. te wees.
Hy het vorendag gekom met 'n metode vir die onderrig van die sangers om liedere in 'n kort tyd te leer, en het vinnig regdeur Noord-Italië bekend geword. Hy het hom egter die vyandelikheid van die ander monnike by die klooster op die hals gehaal, wat hom daartoe beweeg het om na Arezzo te trek, welke oor geen abdy beskik het nie. Dit het egter oor 'n groot groep sangers in die katedraal beskik.Biskop Tedald het Arezzo uitgenooi om hul opleiding waar te neem.
Terwyl Hy in Arezzo was het hy nuwe tegnieke van onderrig ontwikkel, soosNotebalknotasie en die gebruik van die "ut–re–mi–fa–so–la" (do–re–mi–fa–so–la) (mnemoniese solmisasie) tegniek. The ut–re–mi-fa-so-la lettergrepe is geneem van die aanvanklike lettergrepe van elke van die eerste ses half-lyne van die eerste strofe van dieHimneUt queant laxis. Die teks daarvan word toegeskryf aan die Italiaanse monnik en geleerdePaulus Diaconus (alhoewel die musikale lyn of 'n gemeenskaplike voorouer deel met die vroeëre musiek vanHorace se "Ode aan Phyllis" (Odes 4.11), opgeneem in dieMontpellier manuskrip H425, of daarvan geneem kon gewees het).[1]Giovanni Battista Doni is bekend daarvoor dat hy die naam van die noot "Ut" (C) verander het na "Do" (in die "Do Re Mi ..." volgorde bekend assolfège).[2] 'n Sewende noot, "Si" (van die voorletters vir "Sancte Iohannes,"Latyn vir Johannes die Doper) was kort daarna bygevoeg om dieDiatoniese toonleer te voltooi.[3] Die "Si" was in die negentiende eeu in anglofiele lande deurSarah Glover verander na "Ti" sodat elke lettergreep kon begin met 'n verskillende letter,begin met 'n verskillende letter (dit het ook "Si" vrygemaak vir latere gebruik as Sol-skerp). "Ti" word gebruik intoniese sol-fa en in die liedjie "Do-Re-Mi".
DieMicrologus, wat geskryf is by die Katedraal van Arezzo en gewy is aan Tedald bevat Guido se onderrigmetode soos wat dit op daardie stadium ontwikkel was. Dit het gou die aandag getrek vanPous Johannes XIX wat Guido naRome uitgenooi het.
Hy het waarskynlik in 1028 daarna gegaan, maar het egter gou teruggekeer na Arezzo as gevolg van sy swak gesondheid. Hy het toe aangekondig in 'n brief aan Michael van Pomposa ("Epistola de ignoto cantu") dat hy die "ut–re–mi" musikale mnemonies metode uitgevind het. Min is oor hom bekend na die tyd.
Guido word gekrediteer met die uitvinding van dieGuidoniese hand,[4][5] welke 'n wydverspreide-en gebruikte mnemoniese sisteem is waar noot name gekoppel word aan dele van die menslike hand.
Slegs 'n eenvoudige vorm van die Guidoniese hand word egter deur Guido beskryf, en die volle uitvoerige sisteem van natuurlike, harde, en sagteHeksachorde kan nie met sekerheid aan hom toegeskryf word nie.[6]
In die twaalfde eeu het meer doeltreffende maniere in die ontwikkeling van onderrigmetodes en die onderrig van musiek ontstaan. Guido van Arezzo se beweerde ontwikkeling van die Guidoniese hand, meer as 'n honderd jaar na sy dood, het musikante toegelaat om 'n spesifieke gewrig of vingerpunt te merk met diegamut (ook bekend in die moderne era as dieHeksachord).[7]
Die gebruik van spesifieke gewrigte van die hand en vingerpunte het die manier getransformeer waarin 'n mens solmisasie lettergrepe geleer en memoriseer het. Die Guidoniese hand het nie slegs 'n standaardgebruik in die voorbereiding van musiek in die 12de eeu geword nie, maar die metode se gewildheid het meer wydverspreid geraak in die 17de en 18de eeu.[8]
Die kennis en gebruik van die Guidoniese hand sou 'n musikant toelaat om eenvoudig uit te ruil, intervalle te identifiseer en so by te dra in die gebruik van notasie en die skepping van nuwe musiek. Dit was derhalwe vir musikante moontlik om langer seksies van musiek en kontrapunt te memoriseer gedurende opvoerings en die tyd wat spandeer was het aansienlik verminder.[9]
'n Monument aan Guido was opgerig in Guido se tuisdorp Arezzo. Hy is een van die bekendeToskane wat vereer is met 'n standbeeld in dieLoggiato van die Uffizi inFlorence.
↑1,01,1Stuart Lyons,Horace's Odes and the Mystery of Do-Re-Mi with Full Verse Translation of the Odes. Oxford: Aris & Phillips, 2007.ISBN 978-0-85668-790-7.
↑Verwysing word benodig|date=Julie 2016|reason=Bonnie Blackburn certainly does not make this outrageous claim. Who in the modern era confuses a six-note system with a twenty-note one?}}
↑Bonnie J. Blackburn, "Lusitano, Vicente", Grove Music Online. Oxford Music Online. Oxford University Press. Web. accessed 13 Julie 2016.
↑Don Michael Randel, "Guido of Arezzo",The Harvard Biographical Dictionary of Music (Cambridge, MA: Belknap Press of Harvard University Press, 1996): 339–40.