Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Grumman F-11 Tiger

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Grumman F-11 Tiger
VF-21 F11F-1 Tiger's in links echelon formasie
TipeVegvliegtuig
VervaardigerGrumman
Nooiensvlug30 Julie 1954
Bekendstelling1956
Onttrek1961 (diens), 1967 (opleiding)
HoofgebruikerAmerikaanse Vloot
Vervaardig1954–1959
Aantal gebou200
WeergawesGrumman F11F Super Tiger

DieGrumman F-11 Tiger is 'n Amerikaansevegvliegtuig wat die deur dieAmerikaanse Vloot gebruik is. Terwyl dieGrumman F-9 Cougar nog net sy eerste vlug voltooi het, was die Grumman ontwerpers reeds besig met 'n opvolger vir Cougar/Panther familie. DieTiger is 'n nuwe ontwerp, die fokus is op optimale verrigting tydens luggevegte. Die gevolg was een van die kleinste en ligste vliegtuie ooit as 'n dagvegter. Een voordeel was dat die vlerke kleiner is en slegs die vlerkpunte moes opvou om invliegdekskip gestoor te kan word.

Die vliegtuig het sy nooiensvlug op 30 Julie 1954 voltooi, die resultate was teleurstellend omrede dieklankgrens nie gebreek kon word nie. Die motorvervaardiger stel toe voor dat 'n weergawe van die J-65 ('nRolls-RoyceSapphire-motor vervaardig onder lisensie) motor met 'nnabrander gebruik moet word. Tesame daarmee moes die agterkant en stertvlerke herontwerp word. Gedurende hierdie moeilike tyd is die verbeterde ontwerp die F-11F genoem. Die nabrander probleme egter voortgeduur en die vliegtuig het nooit sy ware potensiaal bereik nie en slegs 201 is vervaardig.

DieTiger is in 1957 in diens gestel; die vliegtuig was maklik om te onderhou en positief ontvang deur dievlieëniers. Dit het egter voortdurend gebuk gegaan onder motor probleme en uit diens gestel in 1961, slegs vier jaar nadat dit in diens gestel was. Hulle was vervang met dieVought F-8 Crusader.

Tegniese besonderhede

[wysig |wysig bron]
Besonderhede van die Grumman F-11F-1 Tiger:
ItemStatistiek
Aantal motore1
Tipe motorStraalmotor
VervaardigerWright J-65-W-18 turbostraal
Kraglewering per motor3 379 kg stukrag
Vlerkspan9,64 m
Lengte14,31 m
Hoogte4,03 m
Vlerkoppervlakte23,23 m2
Maks. opstygmassa10052 kg
Maks. snelheid1 207 km/h
Operasionele hoogte12 770 m
Togafstand2 044 km
Klimvermoë1 565 m per minuut
BewapeningVier 20 mm kanonne

en vier Sidewinder lug-tot-lugmissiele onder die vlerke

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Bron

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Grumman_F-11_Tiger&oldid=1975804"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp