Grotkuns is ’n soortrotskuns wat teen die mure of dak vangrotte aangetref word. Die term dui gewoonlik op ’nprehistoriese oorsprong, maar grotkuns kan ook onlangse kuns wees: In die Gabarnmunggrot in Noord-Australië is die oudste tekeninge ouer as 28 000 jaar, terwyl die mees onlangse tekeninge minder as ’n eeu gelede gemaak is.[1]
Die oudste bekende grotkuns is meer as 44 000 jaar oud (uit die laatPaleolitikum) en is inWes-Europa enIndonesië ontdek. Die oudste soort grotkuns is handstensils en eenvoudige geometriese vorms; die oudste onbetwiste voorbeelde van figuratiewe grotkuns is effens jonger, omtrent sowat 35 000 jaar.[2] ’n Studie uit 2018 het beweer die oudste vorm van niefiguratiewe rotskuns inIberië is 64 000 jaar oud – dit dui daarop dat dit die werk vanNeanderdallers eerder as vroeëmense is.[3]
In November 2018 het wetenskaplikes die ontdekking van die oudste bekende figuratiewe tekeninge aangekondig; dit was ouer as 40 000 jaar (dalk tot 52 000 jaar oud) en was van ’n onbekendedier. Dit is op dieIndonesiese eilandBorneo ontdek.[4][5] In Desember 2019 het wetenskaplikes die ontdekking aangekondig van grottekeninge inSulawesi wat na raming minstens 43 900 jaar oud is en het opgemerk dit is "die oudste uitgebeelde rekord van storievertelling en die vroegste figuratiewe kuns in die wêreld".[6]
Grottekeninge in die Apollo 11-grot inNamibië is na raming sowat 25 500 tot 27 500 jaar gelede gemaak.[7]
In 2011 hetargeoloë ’n stuk klip in dieBlombosgrot, sowat 300 km oos vanKaapstad aan die Suid-Kaapse kuslyn vanSuid-Afrika, tussen ander artefakte ontdek. Ná uitgebreide toetse oor sewe jaar is onthul dat die lyne op die klip vanokerkryt met die hand gemaak is en van 73 000 jaar gelede dateer. Dit maak dit die wêreld se oudste bekende rotskuns.[8][9]
↑Robert Gunn, Bruno David, Jean-Jacques Delannoy en Margaret Katherine, "The past 500 years of rock art at Nawarla Gabarnmang, central-western Arnhem Land" in: Bruno David, Paul S.C. Taçon, Jean-Jacques Delannoy, Jean-Michel Geneste (reds.),The Archaeology of Rock Art in Western Arnhem Land, Australia (2017), pp. 303–328.
↑M. Aubert et al., "Pleistocene cave art from Sulawesi, Indonesia",Nature volume 514, pages 223–227 (09 Oktober 2014).