DieGroot Koraalrif (Engels:Great Barrier Reef) is die wêreld se grootste koraalrifstelsel,[1][2] met meer as 2 900 indiwiduele riwwe[3] en 900 eilande wat vir meer as 2 600 km ver strek oor 'n gebied van ongeveer 344 400 km2. Die rif is in dieKoraalsee geleë langs die kus vanQueensland in noordoos-Australië.
Lugbeeld van die Groot Koraalrif
Die Groot Koraalrif kan selfs vanuit die ruimte waargeneem word en is die wêreld se grootste struktuur wat deur lewende organismes gevorm is.[4] Die koraalrifstruktuur bestaan uit en word opgebou deur miljarde klein organismes wat as koraalpoliepe bekend staan.[5] Die Groot Koraalrif onderhou 'n groot verskeidenheid lewensvorme en is in 1981 as 'nWêrelderfenisgebied verklaar.[1][2]CNN het die rif in hul lys van die sewe natuurwonders van die wêreld ingesluit.[6] 'n Groot deel van die rif word beskerm deur die Groot Koraalrifseepark, wat poog om die menslike impak soos oormatigevisvang en toerisme te beperk. Ander omgewingsdrukke op die rif en syekostelsel sluit in die waterkwaliteit van aflope, klimaatsveranderinge wat met grootskaalse verbleiking van koraal gepaard gaan en die sikliese uitbrake van doringkroonseesterre.
Nasa-Satellietbeeld van 'n deel van die Groot Koraalrif langs die kusgebiede van Proserpine en Mackay, Queensland.
Australië het noordwaarts beweeg teen 'n tempo van 7 cm per jaar sedert die Senozoïese tydperk.[7] Oostelike Australië het 'n tydperk van tektoniese opwaartse styging beleef wat gelei het tot die waterskeiding in Oos-Australië. Queensland het ook vulkaniese uitbarstings beleef in die tydperk met gepaardgaande basaltvloeie wat die geografie van die gebied beïnvloed het.[8] Van hierdie granietformasies het eilande gevorm.[9] Na die vorming van die koraalseekom, het koraalriwwe in die kom ontstaan, maar tot en met ongeveer 25 miljoen jaar gelede was die noorde van Queensland steeds in die gematigde waters suid van die trope wat te koel was om die groei van korale te bevorder.[10] Die geskiedenis van die ontwikkeling van die Groot Koraalrif is kompleks; na Queensland vanweëkontinentale verskuiwing in tropiese waters beland het, is die geskiedenis van die rif grootliks bepaal deur die veranderinge in dieseevlak oor die jare heen.[11] Die korale kan jaarliks ongeveer 1 tot 3 sentimeter in deursnee groei en vertikaal met enigiets van 1 tot 25 sentimeter. Die korale kan egter nie in water dieper as 150 m groei nie omdat hulle afhanklik is van sonlig en ook nie bo die seevlak groei nie.[12] Die grond wat die substraat van die Groot Koraalrif gevorm het was eens op 'n tyd 'n kusvlakte gewees wat gevorm is op die sediment van die erosie van dieGroot Skeidingsgebergte en sommige groter heuwels (waarvan party self oorblyfsels was van ouer riwwe[13] ofvulkane[9]).[7]
↑Die Groot Koraalrif-wêrelderfenisgebied, wat 348 000 km2 beslaan bevat 2 900 riwwe. Dit sluit egter nie die riwwe in die Straat van Torres in nie, wat by benadering 'n oppervlakte van 37 000 km2 beslaan met 'n moontlike 750 riwwe. (Hopleyet al., 2007, bl. 1)
↑7,07,1Hopley David, Smithers, Scott G.; Parnell, Kevin E., The geomorphology of the Great Barrier Reef : development, diversity, and change, 2007, Cambridge : Cambridge University Press, 0521853028, bl. 18
↑Hopley David, Smithers, Scott G.; Parnell, Kevin E., The geomorphology of the Great Barrier Reef : development, diversity, and change, 2007, Cambridge : Cambridge University Press, 0521853028, bl 19
↑9,09,1Hopley David, Smithers, Scott G.; Parnell, Kevin E., The geomorphology of the Great Barrier Reef : development, diversity, and change, 2007, Cambridge : Cambridge University Press, 0521853028, bl. 26
↑Hopley David, Smithers, Scott G.; Parnell, Kevin E., The geomorphology of the Great Barrier Reef : development, diversity, and change, 2007, Cambridge : Cambridge University Press,ISBN 0-521-85302-8, bl. 27
↑Hopley David, Smithers, Scott G.; Parnell, Kevin E., The geomorphology of the Great Barrier Reef : development, diversity, and change, 2007, Cambridge : Cambridge University Press,ISBN 0-521-85302-8, bl. 27-28