DieGroot-Bulgaarse Ryk, afgelei van dieGriekse Παλαιά Μεγάλη Βουλγαρία, Palaiá Megálē Voulgaría, is deur die Proto-Bulgare, 'nTurkse volk,[1] in Suid-Rusland en die Noord-Kaukasus gestig. In teenstelling met die latere groot Bulgaarse ryke (1ste, 2de en 3de Bulgaarse Ryk) het dit nie oor dieBalkanskiereiland gestrek nie, maar was noord van dieSwartsee en dieSee van Azof geleë. Die naam van die ryk gaan terug naBisantynse geleerdes. Sy hoofstad was die hawestad Phanagoria.
Die Wolga Proto-Bulgare, wat tussen die 7de en 13de eeu eweneens gebiede in Rusland bewoon het, was 'n deel van die Proto-Bulgaarse volk wat ná die vernietiging van die Groot-Bulgaarse Ryk in hul stamgebied langs dieWolgarivier gebly het.
↑I. Dujcev:Bulgarien, artikel in:Lexikon des Mittelalters, Stuttgart/Weimar 2000; Harald Haarmann:Protobulgaren, in:Lexikon der untergegangenen Völker, München 2005, bl. 225