Grolsch Veste | ||
Bynaam | Hel van Enschede | |
---|---|---|
Vorige name | Arke Stadion | |
Ligging | Coloseum,Enschede (Nederland) | |
Eienaar | FC Twente | |
Kapasiteit | 30 014 (sokker) | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1997 | |
Geopen | 1998 | |
Uitgebrei | 2008, 2011 | |
Huurders | ||
FC Twente,Nederland |
DieGrolsch Veste is dietuisveld van die sokkerspanFC Twente. DieNederlandse nasionale sokkerspan speel ook soms hier.
Die stadion se naam kom van die bierbroueryGrolsch, wat oorspronklik uit die vesting (Veste, of sterk stad)Groenlo kom.
Die stadion is in 1997 gebou om dieDiekman Stadion inEnschede te vervang. Tot en met 2008 het die stadion asArke Stadion bekend gestaan.
Tydens die openingswedstryd van die stadion op 10 Mei 1998 hetFC Twente virPSV Eindhoven met3-0 geklop (in dieEredivisie). Ook daarna blyk dieHel van Enschede 'n opdraande stryd vir teenstanders te bied.
Op 29 Augustus 2007 is die eerste wedstryd in dieNederlandseEredivisie vir vroue gespeel:FC Twente -SC Heerenveen (1-0).
Op 5 September 2009 is in die stadion die internasionale wedstrydNederland -Japan (3-0) gespeel.
Tydens die opening het die stadion slegs 13 500 sitplekke gehad. Maar vanaf 1999 het die stadion tydens elke tuiswedstryd van Twente volgepak gesit. Daarom is die stadion in 2008 tot 24 000 sitplekke uitgebrei. Ook na die uitbreiding het die stadionkapasiteit te klein geblyk. Daarom is die stadion in 2011 verder uitgebrei to 30 000 sitplekke deur 'n 2de ring op die "tribune" aan die oostekant van die stadion te bou. By die uitbreiding het 'n ongeval gebeur, waarby 'n deel van die dak ingestort het en twee mense het gesterf.
FC Twente beoog ook om die stadion tot 32 000 sitplekke en later tot 45 000 sitplekke uit te brei.
Vir die organisering van dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 hetNederland saam metBelgië kandidate gewees (Rusland het die organisering gewen). In die 'bidboek' het dieGrolsch Veste (met 'n kapasiteit van 45 000 sitplekke) een van die speelstadions gewees.