Outonomiteit binne die • Noorse heerskappy • Kontak herstel • Afgestaan aan Denemarke • Amptelike status • Tuisregering • Verdere outonomie en selfbestuur
Groenland (Groenlands:Kalaallit Nunaat, [kaˈlaːɬit ˈnunaːt];Deens:Grønland, [ˈɡ̊ʁɶnˌlanˀ]) is 'neilandstaat in die noordelikeAtlantiese Oseaan, noordoos vanKanada en noordwes vanYsland. Met 'n oppervlakte van 2 166 086 km² is dit die grootsteeiland ter wêreld. Groenland maak deel uit van dieKoninkryk van Denemarke. Dit het sedert 1979 'n onafhanklike posisie ten opsigte van Denemarke (status aparte) en behoort sedert 1985 nie meer aan dieEuropese Unie nie. Diehoofstad en grootste stad isNuuk (Deens:Godthåb).
Nasa-Satellietbeeld van GroenlandKaart van Groenland
Groenland behoort geografies totNoord-Amerika en geologies gesien tot die Kanadese plaat. 80% van die land is bedek met 'n yslaag van tot 3 km dik. Slegs die kusstrook van 15–150 km breed, veral in die suide en weste, is bewoonbaar, as gevolg van die invloed van dieGolfstroom. Die kus is ingekerf met enormefjorde engletsers, waarvan ysberge afbreek. Groenland het 'n poolklimaat.
Die oorspronklike inwoners, dieInuïete (ook eskimo's genoem), is vanouds nomade. Hulle vorm egter slegs 'n klein groep. Verreweg die meeste inwoners leef in die suidweste en is Groenlanders, 'n vermenging vanDene en Inuïete. Hulle praat Groenlands, wat 'ndialek is van die Inuïete.Deens en Inuit is dieamptelike tale. 'n Derde groep inwoners bestaan uit Europeërs, veral Dene. Soldate van dieVerenigde State is in dieThulebasis gestasioneer en die noordelikste weermagbasis van die Deense Weermag is in Nord geleë.
1774–1951 – Handel met Groenland is 'n staatsmonopolie.
1814 – Ná die ontbinding van die unie tussen Denemarke en Noorweë word Groenland saam met dieFaroëreilande en Ysland deur Noorweë aan Denemarke oorhandig.
1951 – Deens-Amerikaanse verdrag met betrekking tot gemeenskaplike verdediging van Groenland.
1953 – Groenland verkry beperkte selfbestuur binne die Deense koninkryk.
1979 – Groenland verkry volledige selfbestuur binne die Deense koninkryk.
Topografiese kaart van GroenlandKaart van Groenland se yslaag
Die binneland van Groenland was tot in 1888 heeltemal onbekend. In daardie jaar het die Noorse ontdekkingsreisigerFridtjof Nansen dit te voet oorgesteek. Sedertdien het talle geselskappe die eiland deurkruis en verskeie van hulle het op die hoë plato's van die binnelandse ysdek oorwinter. Vyfsesdes van Groenland is permanent met ys bedek.
Die ysdek bereik 'n gemiddelde hoogte van 2 134 meter, met tot oor die 3 350 meter op die hoogste dele. Die yslaag is baie dik en word aan alle kante deur berge begrens. Die vorm van Groenland is dus baie soos die van 'n piering en ’n groot deel van die rotsoppervlakte onder die yslaag is nie hoog bo seevlak nie.
Die oppervlak van die ysdek is in die algemeen gelyk, met sagte deinings, maar waar gletsers tussen die berge deursny en die daling na die see skerp is, is die oppervlak uiters gebroke. In diesomer, wanneer die ys smelt, kerf waterstrome diep groewe in die ys. Van die groot gletsers van dieUmanakstreek aan die weskus vloei met 'n snelheid van tot 30 meter per dag, wat buitengewoon vinnig is vir gletservloei in die Noordpoolgebied.
Die klimaat op die ysdek is altyd baie koud. Vanweë die hoogte bo seevlak is selfs die somertemperatuur meestal onder die vriespunt. Lugtemperature van tot -24˚C is al in diewinter aangeteken. Die binnelandse ys van Groenland het versamel voor diePleistoseen (dieYstydperk, wat 'n groot deel vanEuropa enNoord-Amerika geraak het).
Sedert die einde van hierdie tydperk, sowat 12 000 jaar gelede, het geringe klimaatsveranderinge verskeie veranderinge in die grootte van die gletsers veroorsaak. Sedert die einde van die 19de eeu het die gletsers opmerklik kleiner geword.
Die kusberge word op verskeie plekke deur fjorde opgesny. Hierdie fjorde is in werklikheid verdronke riviervalleie wat deur die yserosie breër en dieper gemaak is toe die gletsers nog verder gestrek het as vandag. Een van die gevolge van hierdie erosie was dat die hange van die valleie van 900 tot 1 200 m regaf daal in diep water. Nog 'n buitengewone kenmerk van die fjordvorming is dat die diepste dele gewoonlik kilometers van die oop see af is.
By die mond van die fjord is die see vlakker vanweë die groot hoeveelheid puin wat die gletser afset sodra dieys begin smelt. Talle van die groter gletsers bereik vandag nog die oop see, waar die voorpunte afbreek om ysberge te vorm. Party kusdele van Groenland is moeilik bevaarbaar vanweë die drywende ysblokke wat heeljaar aan die kus voorkom. Sommige van die ysblokke word in die winter deur die vries van seewater in beskutte fjorde gevorm.
Die meeste van hierdie ysblokke word egter in die Noordelike Yssee gevorm en deur seestrome suidwaarts langs die kus gevoer. Hierdie beweging van die ys is bevestig deurdat 'n Russiese noordpoolstasie wat op 'n ysberg gebou was, in 1937–38 van dieNoordpool met die kus van Groenland langs beweeg het. Noord- en Oos-Groenland kan dus baie moeilik bereik word en dit is een van die vernaamste redes waarom die bevolking van die gebied so klein is.