Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Grethe Fox

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Grethe Fox
Geboorte195?
Zimbabwe
NasionaliteitSuid-Afrikaans
OuersRevel Fox, Suzanne Krige
LewensmaatManie van Rensburg
David Krut
Alma materUniversiteit van Kaapstad
Beroep(e)Aktrise
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Grethe Fox (gebore 195?,Zimbabwe) is ’nSuid-Afrikaanseaktrise, regisseur en vervaardiger vantoneelstukke,rolprente enTV. Sy is die dogter van die bekendeKaapstadse argitekRevel Fox, die broer van die skrywer en fotojoernalisJustin Fox en die susterskind van die skrywer en digterUys Krige.

In ’n onderhoud met die tydskrifRooi Rose in 1999 het Fox gesê sy kon op driejarige ouderdom reedsSweeds praat, haar ouma het haarAfrikaans leer praat en haar ouers het netEngels met haar gepraat; dit verduidelik haar gemak mettale.[1]

Lewe en loopbaan

[wysig |wysig bron]

Fox het aan dieUniversiteit van Kaapstad drama studeer en die Jacques Lecoq-teater-en-mimiekskool inParys bygewoon.

Sy was onder meer byKruik,Truk, dieMarkteater enDie Ruimte betrokke. In laasgenoemde teater het sy (vir ’n ruk asGrethe-Maria Fox) opgetree inDance Is,Fallen Angels,Karnaval (Pieter-Dirk Uys, 1975),Occupations,Revenge,Theatre of Silence,Slag enWooed and Viewed.[1]

Van die meer as 100 toneelstukke waarin sy te sien was, isDie Stoele (1970),Arme Moordenaar (1974),Vroue van Troje (in die Markteater, 1976),Uncle Vanya,Drie Susters Twee,Die Fisici,Trippe Trappe Tone,Die Wind in die Takke van Sassafras enBlack Comedy. Sy was ook te sien inSweeney Todd,Arme Marat,Die Belofte van Aleksei Arboesof saam metRegardt van den Bergh enEckard Rabe enDie Goue Seun (KKNK, 2002).

Op TV het sy die rol van Harriet inIsidingo vertolk en van 1999 tot 2003 die rol van Karen van Niekerk inSoul City. Ander TV-werk sluit inTorings,Konings,Onder draai die duiwel rond,Dokter, Dokter enDie Mannheim-sage.[2]

Fox het ook ’n groot reeks musiekvideo's en dokumentêre oor ’n wye reeks onderwerpe vervaardig.

Sy woon in Johannesburg saam met haar lewensmaat, die uitgewer David Krut. Sy was eens getroud met die rolprentvervaardigerManie van Rensburg.

In 1994 het sy Fox Films saam met haar broers, Revel enJustin, gestig.[1]

Pryse en benoemings

[wysig |wysig bron]

Van Fox se prestasies sluit in:

  • 1991: Benoem vir ’n nasionale Vita virThe Fourth Reich enA Doll's House
  • 1993: Wenner van ’n Vita (Natalstreek) vir beste byspeelster vir haar rol as Liz Fourie inWomen in the Wings (Deon Opperman)
  • 1998: Wenner van ’n Avantiprys vir haar rol as Dolores de la Rey inOnder draai die duiwel rond (Katinka Heyns).

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,2ESAT, Grethe Fox
  2. Grethe Fox op IMDB
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Grethe_Fox&oldid=2426292"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp