Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Grafiet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Grafiet
 
FormuleC  
Kleurysterswart tot staalgrys 
Streepswart tot staalgrys 
Glanssubmetallies 
Hardheid1-2(Mohs) 
Digtheid2,09 - 2,23 g.cm3 
Optiese eienskappe 
Transparansieopaak 
Dubbelbrekingeenassig 
RuimtegroepP6₃/mmc 
Strukturbericht-kodeA9 
Eenheidsela = 2.463 Å, c = 6.714 Å 
*Lys van minerale
PortaalGeologie

Grafiet is mineraal. Dit bestaan uitkoolstof en is die mees stabieleallotroop van hierdie element. Grafiet word in grafitiese skis op aarde aangetref en dit is ook in meteoriete en maanstene gevind.[1]

Struktuur

[wysig |wysig bron]

Dit het 'n gelaagde heksagonale struktuur. Die lae bestaan uit seshoekige koolstofringe, wat se chemiese binding vergelyk kan word met molekulêre verbindings soosbenseen ofnaftaleen. Die binding in die lae is sterk. Die lae is gewoonlik gestapel as -A-B-A-B-. Dit is die 2H-grafietstruktuur wat die argetipe is van diestrukturbericht-klassifikasie se A9-struktuur. Daar word nogtans ook 'n romboëbriese weergawe aangetref wat 'n -A-B-C-A-B-C- volgorde het. Sy eenheidsel is groter: a = 2.456 Å, c = 10.044 Å, ruimtegroep R3m. Hierdie fase word 3R-grafiet genoem. Die binding tussen die lae is hoofsaaklik dispersiekragte (vanderwaalskragte) en is swakker. Hierdeur kan die lae maklik oor mekaar skuif. Grafiet word dan ook soms assmeermiddel aangewend.

Grafiet is 'nhalfmetaal en het taamlik goeie elektriese geleiding.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "mindat 1740" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Grafiet&oldid=2674409"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp