Gousblom | |
---|---|
![]() | |
'nArctotis-blomhofie | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | |
Genus: | Arctotis L. |
Tipespesie | |
Arctotis angustifolia | |
Sinonieme[2] | |
|
Gousblomme (veralgenusArctotis) in die Suid-Afrikaanse opsig, isblomplante uit diefamilieAsteraceae, en veral dieCalenduleae- enArctotideae-tribusse daarvan, wat groot, geel blomhofies voortbring en in die suidweste van Suid-Afrika aangetref word.[3] As Suid-Afrikaanse volksnaam is dit aanvanklik toegepas op spesies in diegeneraArctotis enGazania, maar is later ook toegepas op spesies in die generaArctotheca enDimorphotheca,[3] d.w.s. naverwante genera wat ook oranje, geel of wit blomhofies het. 'n Randjie nabyCeres genaamd Gousblomhoogte is byvoorbeeld vernoem na 'nDimorphotheca-spesie. Die naam is van Nederlandse oorsprong, waar dit verwys naCalendula officinalis, 'n blomplant waarskynlik uit Europa, wat in Nederland en elders as sierplant verbou word. Gousblom beteken "goue blom" en die genusnaamGazania, wat sinspeel op rykdom, is moontlik ook daaraan te danke.[3]
DieAsteraceae is verreweg die grootste familie onder die blomplante. Dit bestaan uit 1677 genera[4] en tussen 13 000 en 20 000 spesies. Dit is versprei oor die meeste vastelande van die wêreld en sluit sulke wyduiteenlopende plante soos kropslaai, sonneblomme en madeliefies in.
Meer as 200 genera word in Suid-Afrika aangetref. Hoewel die naam gousblom dikwels gebruik word vir die plantfamilieAsteraceae, word met gousblomme meestal bedoel die kleiner geel, wit en helderoranje veldblomme en daaruit ontstaande en gekweekte hibrides, wat genera soosArctotis,Dimorphotheca,Gazania,Arctotheca,Gerbera,Helichrysum enPhaenocoma insluit. Kenmerkend vir alle gousblomagtiges is die saamgestelde bloeiwyse.
Die saamgestelde blomme van die meeste van die spesies is op kenmerkende wyse gerangskik. Aan die bokant van elke blomsteel is daar 'n blombodem waaruit 'n groot aantal klein gousblom blommetjies, elk 'n volledige blom, dig langs mekaar groei. Saam vorm hulle die blomhofie. By die madeliefie, byvoorbeeld, is die skyfblommetjies klein, en die vyf kroonblare is vergroei tot 'n dun, buisvormige blomkroon. Die buitenste straalblomme is heelwat groter en hulle kroonblare is vergroei tot lintvormige uitsteeksels en vorm 'n kleurvolle ring om die blomhofie. Elke blom het vyf meeldrade; die helmknoppe voeg rondom die styl saam en elke vrugbeginsel bevat net een saadjie.
Die naam word vir sommige Suid-Afrikaanse inheemse spesies gebruik.[5]
Wetenskaplike naam | Gousblom | Ander name |
---|---|---|
Arctotis acaulisL. | Gousblom[3] | Botterblom, Renostergousblom, Witbotterblom |
Arctotis adpressaDC. | Gousblom | |
Arctotis arctotoides(L.f.) O.Hoffm. | Bittergousblom, Botterblom | |
Arctotis breviscapaThunb. | Gousblom | Sandveldgousblom |
Arctotis campanulataDC. | Gousblom[3] | |
Arctotis diffusaThunb. (sinoniemA. canescens) | Gousblom[6] | — |
Arctotis fastuosaJacq. | Bittergousblom, Namakwagousblom | |
Arctotis gumbletoniiHook.f. | Bottergousblom[6] | |
Arctotis hirsuta(Harv.) Beauverd | Gousblom | Grysblaargousblom[7] |
Arctotis leiocarpaHarv. | Gousblom | |
Arctotis leptorhizaDC. | Gousblom[3] | Nou 'n sinoniem virArctotis breviscapa. |
Arctotis stoechadifoliaP.J.Bergius | Gousblom[3] | Bietou, Bitterbos, Bitterbossie, Bittergousblom, Kusgousblom, Wildemagriet, Witgousblom |
Arctotis sulcocarpaK.Lewin | Gousblom | |
Arctotis venustaNorl. | Gousblom | Witgousblom |
Arctotheca calendula(L.) Levyns | Gousblom[3] | Kaapse Madeliefie, Soetgousblom, Tonteldoekblom |
Arctotheca prostrata(Salisb.) Britten | Gousblom[3] | |
Dimorphotheca chrysanthemifolia(Vent.) DC. | Gousblom[3] | Magriet, Geelbergmagriet |
Dimorphotheca cuneata(Thunb.) Less. | Gousblom | Bergbietou, Bosmargriet, Grootbietou, Makbietou, Struikdimorphotheca, Weerprofeet, Witbietou, Witgousblom |
Dimorphotheca sinuataDC. | Gousblom[3] | Namakwalandse madeliefie |
Gazania krebsianaLess. | Bruingousblom,[3] Kleingousblommetjie, Witgousblom | |
Gazania lichtensteiniiLess. | Geelgousblom[6] | |
Gazania linearis(Thunb.) Druce | Gousblom[3] | |
Gazania rigens(L.) Gaertn. | Gousblom[3] | Botterblom,[3] Strandbotterblom[8] |
Hirpicium alienatum(Thunb.) Druce | Haarbos, Meerjarige gousblom |
Die naam word ook vir 'n spesie gebruik wat waarskynlik uit Europa stam,Calendula officinalis, waarvan baie kultivars as tuinplante gekweek word.[9]