- Hierdie artikel handel oor die Venesiese rolprentprys. Vir ’n artikel oor die Suid-Afrikaanse rugbyspan, sienGoue Leeus.
DieGoue Leeu (Italiaans:Leone d'Oro) is die hoogste prys wat op dieVenesiese Rolprentfees aan ’n rolprent toegeken kan word.
Dit is in 1949 ingestel en word nou beskou as een van dierolprentbedryf se grootste pryse. In 1970 is ’n tweede Goue Leeu ingestel: ’n eerbewys vir mense wat ’n besonderse bydrae tot die bedryf gemaak het. Die prys verteenwoordig die goue leeu op die vlag van dieVenesiese Republiek.[1]
Voorheen was die rolprentfees se hoogste prys die Groot Internasionale Prys van Venesië (Gran Premio Internazionale di Venezia); dit is in 1947 en 1948 toegeken. Voor 1942 was die hoogste prys die Mussolini-beker vir die beste Italiaanse en buitelandse rolprent.