Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Gote

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Uitbeelding in Charlotte Mary Yonge seYoung Folks' History of Rome wat die Gote voorstel
'n Gotiese arendfibula
Rooi: Oxhöft-beskawing, aansluitend vroeëWielbark-beskawing
blou: Jastorf-beskawing (helder: uitbreiding, pers: verplaas)
geel: Przeworske-beskawing (oranje: verplaas)
pienk, oranje, pers: uitbreiding van die Wielbark-beskawing (2de eeu)
Gotiese staptogte: 1. Götaland (groen); 2. Gotland (pienk); 3. die Wielbark-beskawing, 2de eeu. (rooi); 4. die Cernjachov-kuluur, 3de eeu (oranje)
Die benaderde roete van die Wes-Gote – binne twee generasies, tussen 376 en 418, het hulle deur die helfte van die Romeinse Ryk gekruis totdat hulle uiteindelik in die westelike provinsies gevestig het
Graftombe van Theodorik die Grote inRavenna
Die Gotiese Ryk in sy grootste uitbreiding onder Theodorik die Grote in 523

DieGote was 'nOos-Germaansevolk, verdeel in dieOos-Gote en dieWes-Gote, en het 'n groot rol gespeel in die ondergang van dieWes-Romeinse Ryk en die vroeëMiddeleeuseEuropa. Die Gote het 'n groot gebied oorheers wat op sy hoogtepunt onder die Germaanse koning Ermanarik en sy onderkoning Athanarik moontlik die hele gebied tussen dieDonau en dieDon en vanaf dieSwartsee tot dieOossee beheer het.[1]

Die Gote het dieGotiese taal, een van die uitgestorweOos-Germaanse tale, gepraat. Dit is vir die laaste keer op die 18de eeuseKrimskiereiland deur die Krim-Gote gepraat; die minste magtige, die minste bekende, en paradoksaal, die langste bestaande van die Gotiese gemeenskappe.

Die begin

[wysig |wysig bron]

Die Gote het volgens oorlewering uit die suide vanSkandinawië gekom – spesifiek uitGötaland enGotland. Alhoewel al die historici nie saamstem nie is die mening tog dat die verhale oor die Gote se oorsprong wesenlik korrek is, ook omdat Gote in dié omgewing voorkom. Ander betwyfel hierdie herkoms, en vermoed dat dit om twee verskillende volke met toevallig soortgelyke name gaan. Twee naby verwante volke wat in Skandinawië agtergebly het en gereeld Gote genoem word, is dieGaute enGotlanders.

Meer sekerheid bestaan oor die tydperk kort na die begin van onsjaartelling. Die Gote woon toe aan wat nou diePoolse kus is. Argeoloë verwys na oorblyfsels wat hulle daar gelaat het as dieWielbark-beskawing. In die tweede en derde eeue brei die Gote uit na die suide, oor Pole,Belarus en dieOekraïne.

Die Gote was waarskynlik herders of jagterversamelaars. Daar was wel konings, maar dié is eerder verkies as dinasties en daar was ook nie 'n duidelike alleenheerser nie. Daar was wel vooraanstaande geslagte soos die Baltha onder die Wes-Gote en die Amal onder de Oos-Gote. Naas die Gote was daar nog ander Germaanse stamme, groot en klein soos dieBoergondiërs, dieVandale, dieGepide, dieRugiërs, dieHeruli,Bastarnae en dieSciri en talle ander. Dit wil voorkom of die Gote aanvanklik aan die Vandale onderworpe was, maar hulle later vry geveg het; dit is egter nie onomwonde bevestig nie.

Oekraïne en Transsilvanië

[wysig |wysig bron]

In die derde en vierde eeue trek die Gote suidwaarts, en vestig hulle in die gebied tussen die Donau en die Don, die huidigeRoemenië en Oekraïne. Die verdeling in Oos-Gote en Wes-Gote stam waarskynlik van kort na hulle aankoms daar en daar ontstaan dan ook twee Gotiese ryke. Ondanks al die latere omswerwinge het daar waarskynlik altyd 'n aantal van hulle in hierdie streke gebly; die voorkoms van dieKrim-Gote tot die 18de eeu op dieKrim-skiereiland getuig hiervan.

Reeds in 238 was die bedreiging van die Gote so groot datMaximinus besluit het om hulle, volgens die Romeinse gebruik van daardie tyd, met skatte af te koop nadat hulle die stadHistria aan die monding van die Donau geplunder het. Tien jaar later begin nog baie grootskaalse plundertogte. In 249 wordMarcianopolis geplunder, en in 250 breekKniva met 'n leër deur die bewaakte Donaugrens en verowerPhilippopolis waar hy oorwinter. Die volgende jaar word keiserDecius in 'n moeras gelok, verslaan en dood gemaak. In 253 en 254 volg nog 'n aantal minder suksesvolle aanvalle. Na 256 verdwyn Romeinse inskripsies uitDacië, waarskynlik omdat dié provinsie in daardie jaar oorgeneem is deur die Tervingi.

In 255 word 'n vloot gebruik omKlein-Asië in 255–257 aan te val, en baie stede inPontos,Bythinië enPropontos word slagoffers van die Gote. In 268 volg die grootste aanval. 'n Vloot van Gote enHerule vaar langs die weskus van die Swartsee en deur dieDardanelle. In dieEgeïese See verdeel hulle na aanvalle opLesbos enAthos in drie groepe. Die eerste, Herulise, groep land byThessaloniki, maar word vernietigend verslaan deur keiserGallienus. Die tweede groep plunderGriekeland, maar word in 269 deur keiserClaudius II byNaissus (Nish) verslaan. Die oorlewendes op land agtervolg, en moet uiteindelik oorgee. Die derde groep onderneem aanvalle op die kuste vanKlein-Asië,Rhodos enSiprus, voor hulle deurProbus na dieSwart See teruggejaag word.

Aurelianus behaal 'n groot oorwinning teen die Gote en die DasieseCarpi, en besluit daarna omDacië te ontruim. Die besluit is skynbaar suksesvol, want die Gote hou hulle daarna rustig, en bevriend selfs die keiserryk, soos blyk uit die feit dat hulle in 297 troepe stuur om in die oorlog teen diePersiese Ryk te help. Waarskynlik was hulle te besig met die besetting van Dacië, soos ook blyk uit die vlug van volke uit die gebied (dieBastarni, dieCarpi en dieGepide) na die Romeinse Ryk. In hierdie tyd ontstaan twee belangrike Gotiese ryke, dié van dieTervingi in die weste en dat van dieGreuthingi in die ooste. Hulle grens word gevorm deur dieDnjestr enProet riviere. Die Tervingi is rofweg die latere Wes-Gote, die Greuthingi die Oos-Gote, al is die werklikheid ingewikkelder.

Die vierde eeu

[wysig |wysig bron]

In die jare wat volg was daar tog weer reëlmatig invalle vanuit die voormalige Dacië oor die Donau wat nou weer die grens was.Konstantyn die Grote was bewus van die gevaar en bou uitgebreide versterkings langs die lang Donaugrens (324). In 332 word die Tervingifoederati, volke buite die ryk wat met die Romeine verbind is, al is dit waarskynlik dat hulle die status ook al eerder gehad het. In die algemeen was die verhoudinge tussen die Romeine en die Gote in die eeu vanaf 269 vriendelik, die Donau was selfs 'n 'oop grens' vir handelaars tot 369, waar die Romeine normaalweg die soort kontak tot enkele spesifieke grensposte beperk het.

Rondom 365 was daar tog weer invalle vanbarbare, waarskynlik Gote, in die Balkan.Procopius, wat gestuur is om hulle te bestry, laat hom tot keiser uitroep, daarmee gesteun deur die Tervingi onderAthanarik. Ook sy opvolgerMarcellus laat hom in sy keisersaspirasies steun deur die Gote. KeiserValens onderneem hierna 'n strafekspedisie teen die Gote, wat hom nie laat aantrek deur hulle verweer dat hulle slegs gereageer het op 'n skynbaar bona fide Romeinse versoek om hulp nie. Dit kom tweemaal tot 'n veldslag, wat beide deur die Romeine gewen is, dog slaag Athanarik daarin om sy troepe betyds terug te trek, en lei relatief geringe verliese. Vrede word gesluit, waarvolgens die Gote enkele konsessies moes maak, maar die situasie van voor 365 werd grotendeels herstel. Onder die Tervingi kom dit in die volgende jare tot 'n stryd tussen die anti-christelike Athanarik en die deur die Romeine en Valens gesteundeFritigern.

Die Hunne

[wysig |wysig bron]

Van die Greuthingi (Oos-Gote), wat verder van die Romeinse Ryk woon, weet ons minder. Rondom hierdie tyd word hulle geregeer deur 'n magtige en baie oorlogsliewende koning,Ermanarik. Hy bou 'n groot ryk op, al is dit nie duidelik hoe groot nie. Bronne beweer dat sy ryk uitstrek tot aan dieOosseekus, langs dieWolga en tot aan dieOeralgebergte, maar dit is vermoedelik oordrewe.

In 375 word die Gote aangeval deur dieHunne, wat vroeër al die meer oostelikeAlane onderwerp het. Van Ermanarik word vertel dat hy homself om die lewe bring toe hy nie in staat blyk om die Hunne te stop nie. Sommige historici vermoed dat dit hier om 'n poging gaan om die gode gunstig te stem vir sy volk deur homself te offer. Indien dit die geval is, het dit nie gewerk nie, en die Greuthingi/Oos-Gote vlug weswaarts, na die gebied van die Tervingi.

Athanarik laat sy leërs posisie opneem by die Dnjestr, maar moes onder druk van die Hunne terugtrek. Ook 'n tweede poging om meer westelik met behulp van 'n groot muur 'n verdedigingslinie op te trek word deur aanvalle van die Hunne verydel. Hierna besluit die grootste deel van die Tervingi, onderFritigern enAlavivus om na die Romeinse Ryk te vlug. Ook die Greuthingi, onderAlatheus enSaphrax staan aan die oewer van die Donau om toestemming te vra om binne te trek.

Die Tervingi kry toestemming, die Greuthingi nie, maar in die latere skermutselings kon ook hulle oorsteek, en so trek die groep wat later die Wes-Gote sou word die Romeinse Ryk binne. Ander Gote, waaronder Athanarik, trek terug naTranssilvanië, en hou daar 'n Gotiese ryk totdat die gebied ook deur die Hunne beset word, waarskynlik kort na 400. Na die dood vanAttila, toe die Hunneryk uitmekaar val, was die Gote onder die eerste wat hulle onafhanklikheid herwin. Hierdie raak bekend as die Oos-Gote of Ostrogote, naOstrogota, die eerste koning van die Oos-Gote (Greuthingi).

Religie

[wysig |wysig bron]

Gedurende die vierde eeu het die Christelike geloof sterk opgang gemaak onder die Gote sodat hulle later as 'n Christelike volk bekend staan, deels danksy die werk vanUlfila, die 'Apostel van die Gote', wat veral bekend is vir sy vertaling van dieBybel inGoties. Hy ontwerp hiervoor 'nGotiese alfabet, gebaseer op dieGriekse alfabet, maar met elemente vanuit dieLatynse alfabet en dieRune-alfabet. Die Gote het egter nie die Katolieke dogma aanvaar nie, maar wasAriane. Hierdie stroming verskil van die ortodokse katolisisme daarin dat hulle nie glo datJesus enGod die Vader dieselfde entiteit is nie, maar dat Jesus 'n aparte, aan God ondergeskikte, geskapene is.

Bekende Gote

[wysig |wysig bron]

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)Waldman, Carl; Mason, Catherine (2006).Encyclopedia of European peoples. New York: Facts On File. p. 575.ISBN 978-0816049646.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
SienGote in Wiktionary, die vrye woordeboek.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Gote&oldid=2521304"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp