Gorgona | |
---|---|
Gorgona | |
Geografie | |
![]() | |
Ligging | Colombia,Stille Oseaan |
Koördinate | 2°58′3″N78°10′49″W / 2.96750°N 78.18028°W /2.96750; -78.18028 |
Oppervlakte | 24vk km |
Administrasie | |
![]() | |
Demografie | |
Bevolking | 0 |
Gorgona engorgonilla is eilande in die Stille Oseaan naby dieColombiaanse kus. Hulle is onbewoon en behoort tot die munisipaliteit Guapi van die departement Cauca. Dit is 'n nasionale park.
Francisco Pizarro het in1527 op pad naPeru aan die eilandjies hulle naam gegee, maar hulle was reeds in prekolumbiaanse tydperk 'n skakel tussen Peru en Sentraal-Amerika. Daar is talle slange op die eiland wat vandag nog bestudeer word. Hulle het talle lede van Pizarro se bemanning gedood. Die naamGorgona verwys na dieGorgone van die Griekse mitologie wat slange pleks van hare op hulle kop gehad het. Later het dit gunstelingeilande vir seerowers geword omdat daar beke met varswater voorhande is.Simon Bolivar het die eiland aan Frederico D'Croz geskenk vir sy hulp by die onafhanklikheid van Colombia. In 1959 het die Colombiaanse staat dit teruggekoop en dit tot 'n tronk gemaak. Daar het 2 500 gevangene verbly.
In 1984 is die tronk gesluit en 'n jaar later is die eiland tot Nasionale Park verklaar. Dit het 'n gunstelingteiken vir ekotoeriste geword. In Augustus -September kanbultrugwalvisse gesien word omdat hulle langs die eiland trek.
Die eiland is voorgestel om tot wêrelderfgoed verklaar te word, maar dit is in die 30ste sitting van die wêrelderfgoedkommissie uitgestel.
Die eiland is ook belangrik vir die geologie. Dit is die enigste plek in die wêreld waar taamlik jongkomatiïete aangetref word. Hulle stam uit diePaleogeen, terwyl komatiïete in Suid-Afrika uit dieArgeïkum stam en die eerste komatiïete dalk reeds in dieHadeïkum gevorm is.[1]
Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uitdie Nederlandse Wikipedia.Sienbron.