Google Chrome is 'noopbronwebblaaier wat deurGoogle ontwikkel word en ten doel het om 'n veiliger, vinniger, en meer gebruikersvriendelike webblaaier daar te stel wat gevorderde webtoepassings kan ondersteun.
Google Chrome maak van die WebKit-vertoonenjin gebruik. Dit maak ook deels gebruik van ander oopbrontegnologieë, veral dié vanMozilla. Google Chrome is gebaseer opChromium, een van Google se oopbronprojekte.[1]
Geskiedenis
Die nuus oor Google Chrome het bekend geword nadat die maatskappy per abuis inligting daaroor op hullewebjoernaal gepos het. Google het kort daarna 'n wêreldwye betaprogram, op2 September2008, van stapel gestuur.[2]
Google Chrome is aanvanklik net virMicrosoft Windows beskikbaar gestel. Weergawes virLinux enMac OS X is wel later beskikbaar gestel.
Die webblaaier beskik nie oor 'n Afrikaanse speltoetser (soos byFirefox) nie, alhoewel 'n versoek daarvoor ingedien is.[3]
Eienskappe
Van Google Crome se eienskappe sluit in:
- Outomatiese aanvulling van webadresse,
- 'n HeelnuweJavaScript-enjin.
- Gevorderde moontlikhede m.b.t. webtoepassings
- Phishing- en malwarefilter (maak van die Google "Safe Browsing API" gebruik)
- Integrasie met Google Gears.
- Elke oortjie en inprop word in 'n eie proses uitgevoer (dit help met stabiliteit en voorkom dat te veel geheue gebruik word).
- 'n Privaatmodus[4]