Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Google-soekenjin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Google-soekenjin
Tipe webwerf
Soekenjin
Beskikbaar inVeeltalig
EienaarsGoogle, Inc.
URLhttp://www.google.co.za/
RegistrasieGeen
Huidige statusAktief

DieGoogle-soekenjin is ’nsoekenjin wat deurGoogle besit en bedryf word. Dit kan gebruik word om trefwoorde (teks) opwebblaaie te soek. Dit is op15 September1997 bekendgestel en het sedertdien die mees gebruikte soekenjin op diewêreldwye web geword.[1] Die woord Google het mettertyd sinoniem met internetsoektogte geword en is sedert 2006 selfs as ’nwerkwoord in die Oxford-woordeboek opgeneem.[2] Dit kan ook in Afrikaans as ’n werkwoord gebruik word en wel met ’n kleinletter-g.

Algoritme

Google se soekenjin gebruik ’ngepatenteerdealgoritme wat as "PageRank" bekend staan. Die algoritme word gebruik om resultate vir die soekopdrag te rangskik. Net soos die waarde van ’n wetenskaplike artikel bepaal word deur die aantal sitasies (aanhalings) daarvan, bepaalPageRank die belangrikheid van ’n artikel aan die hand van die aantalskakels daarheen. Elke verwysing na ’n bladsy is inderwaarheid ’n stem ten gunste van die betrokke artikel. Google ontleed ook die geloofwaardigheid van die bladsye wat die stem uitbring.PageRank gebruik ’n skaal van 0 tot 10. ’n HoëPageRank beteken egter nie dat ’n bladsy vir alle soekopdragte hoog sal wees nie.

Indeksering

Google gebruik ’nwebkruiper genaamdGooglebot om die web te deurkruis en die teks van webbladsye te lees en in ’n indeks te katalogiseer. Die robot kanwebskakels volg en spring so van die eenwebtuiste na die ander om sy bladsye op te slurp en by die indeks te voeg. As ’n soektog uitgevoer word, word die indeks geraadpleeg en resultate word in minder as ’n sekonde aan die gebruiker vertoon.

Opsoek van inligting

Die soekproses word begin deur na Google se webwerf te navigeer en soekwoorde in die veld wat daarvoor aangedui is, in te sleutel. Spesiale sintaks kan gebruik word om beter resultate te verkry:[2]

  • Soek vir frases deur die woorde in aanhalingstekens te plaas, soos"brooklax wat ek kou"
  • ’n Minus-teken kan gebruik word om woorde uit te sluit. As mens byvoorbeeld vir inligting oorspringbokke soek, maar nie oorrugby of diedorp handel nie, kan die volgende opdrag gebruik word:Springbokke -rugby -town
  • Soektogte kan tot ’n bepaalde webwerf beperk word. As voorbeeld, soek inligting oor spingbokke op Wikipedia metSpringbokke site:af.wikipedia.org
  • Soek net vir sekere tipes dokumente, soosUNISA aansoekvorm type:pdf

Google se koppelvlak is volledig inAfrikaans beskikbaar. Stel jou webblaaier se voorkeurtaal na "Afrikaans" om te verseker dat Google weet watter koppelvlak om op te dis. Soekresultate kan ook tot Afrikaanse artikels beperk word (kliek op "Soeknutsgoed" en verander "Enige taal" na "Afrikaans").

Mense wat nie deur al die resultate wil blaai nie, kan die kansvatterskortpad-funksie gebruik. Klik op die "laat rol katrol"-knop om direk na die eerste en beste bladsy oor die onderwerp te spring.

Verwysings

  1. "Alexa Search Engine ranking". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op15 November 2009.
  2. 12Artikel oor Google deur Nico Gous,Beeld, 12 Desember 2015

Eksterne skakels

Internasionaal
Nasionaal
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Google-soekenjin&oldid=2618802"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp