Googleplex, die onderneming se hoofkwartier-kampus in Mountain View, Kalifornië
Google LLC (NASDAQ: GOOG) is 'n multinasionale Amerikaanse onderneming wat op internet-gebaseerde dienste en produkte fokus, waaronder advertensie-verwante tegnologieë, soekenjins (waarvan die bekendste die onderneming se naam dra), wolkrekenaardienste, sagteware en hardeware. Tans word dit as een van dieBig Four of groot vier ondernemings in die tegnologiebedryf beskou - naasAmazon,Apple enFacebook. Die onderneming se missieverklaring is «om die wêreld se inligting te organiseer en dit op 'n universele basis toeganklik en nuttig te maak».[5]
Google is in September 1998 deurLarry Page enSergey Brin, twee Ph.D.-studente aan die Kaliforniese Stanford-universiteit, in die motorhuis van 'n vriend gestig. Die onderneming se hoofkantoor,Googleplex, is inMountain View,Kalifornië geleë. Die maatskappy het op19 Augustus2004 op dieAmerikaanse beurs genoteer.
Die naam Google
Die woord "google" is 'n afgelei van "googol".Googol is 'nsinoniem vir 'n 1 met honderd nulle.
Oorspronklik sou Google as "Googol" bekend gestaan het, maar as gevolg van 'n spelfout deur een van die stigters word dit later Google. 'n Ander moontlike rede is dat die domeinnaam googol.com toe reeds beset was.
Verwysings
↑"Company" (in Engels). Google. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 17 November 2014. Besoek op13 April 2014.