- Hierdie artikel handel oor die seestraat in Noord-Amerika. Vir die Nasionale Park inSuid-Afrika, sienGolden Gate Hoogland Nasionale Park.
DieGolden Gate (Afrikaans: "Goue Poort") is 'nseestraat met 'n lengte van sowat agt kilometer en 'n wydte van tussen 1,6 en drie kilometer, wat dieStille Oseaan met dieSan Franciscobaai (Kalifornië,Verenigde State) verbind. Die deurvaart is as gevolg van die groot verskil in waterhoogte tussen eb en vloed oor duisende jare en die water van die riviere Sacramento en San Joaquin geskep. Die bekendeGolden Gate-brug oorspan die seestraat sedert die jaar 1930.
Die Golden Gate en sy omgewing verdwyn gedurende diesomer dikwels in die newel, sodat die seestraat deur die vroeë Europese seevaarders nie ontdek is nie. DieSpaanse vlootoffisierJuan de Ayala was die eerste Europeër wat op 5 Augustus 1775 deur die Golden Gate geseil het. DieSpanjaarde het die seestraat oorspronklikBoca del Puerto de San Francisco genoem, tog staan dit sedert die groot Kaliforniesegoudstormloop van die jaar 1848 onder sy huidige naam bekend.
Destyds het duisende gouddelwers met hulle skepe deur die seestraat gevaar en daarna in die hawe vanSan Francisco anker gegooi. Aangesien die goudkoors welvaart en rykdom voorspel het, het die publiek die nuwe naam vinnig aanvaar. Die naam het 'n sinoniem vir die "toegang tot geluk" geword.