Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Glenda Jackson

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Glenda Jackson
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Jackson in 1971.

GeboortenaamGlenda May Jackson
Geboorte9 Mei 1936 (1936-05-09) (88 jaar oud)

Glenda May Jackson,CBE (9 Mei1936 -15 Junie2023) was ’nBritse verhoog- en rolprentaktrise en ’npolitikus.

Loopbaan

[wysig |wysig bron]

Jackson is reeds sedert die 1950's ’n aktrise en was van 1964 af vier jaar lank lid van die Royal Shakespeare Company. Sy het tweeOscars gewen – vir haar spel in dierolprenteWomen in Love (1970) enA Touch of Class (1973). Brian McFarlane, die hoofskrywer vanThe Encyclopedia of British Film, het haar vir haar rol in eersgenoemde prent groot lof toegeswaai.[1] Ander bekroonde rolle sluit in Alex inSunday Bloody Sunday (1971) en die titelrol in dieBBC-televisiereeksElizabeth R (ook 1971); sy het vir laasgenoemde ’nEmmy gewen.

Van 1992 tot 2010 was JacksonLP virHampstead enHighgate en vroeg inTony Blair se regering, van 1997 tot 1999, was sy ’n junior minister van vervoer. Sy het in 2011 aangekondig sy sal haar weens haar ouderdom nie in 2015 se algemene verkiesing beskikbaar stel nie.[2] Die verkiesing het twee dae voor haar 79ste verjaarsdag plaasgevind.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Brian McFarlane (red.)The Encyclopedia of British Film, Londen: Methuen/BFI, 2003, bl. 339;"Jackson, Glenda (1936-)", BFI screenonline
  2. Graham, Georgia (23 Junie 2011)."Glenda Jackson won't stand in next election" (in Engels). Ham & High.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2014.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
National Society of Film Critics-toekenning vir beste aktrise
1966–2000
2001–hede
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Glenda_Jackson&oldid=2580561"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp