Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Ghwano

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Nes van ghwano.
'n Rots wat met ghwano bedek is aan die kus van Kalifornië (VSA)

Ghwano is dieontlasting (droë mis) vanvlermuise envoëls. Dit is besonder hoog aanstikstof,fosfaat enkalium, drie voedingstowwe wat noodsaaklik is vir die groei van plante. Daarom word dit dikwels as bemesting gebruik om plante vinniger te laat groei. Dit word op eilande waar seevoëls woon, bv.Voëleiland nabyLambertsbaai, ontgin.

Minerale

[wysig |wysig bron]

Van die minerale wat in ghwano aangetref word is fosfaatminerale sooshidroksielapatiet, brushiet,taranakiet en variskiet[1] en stikstofminerale soosteschemacheriet.

Ghwanovoëls

[wysig |wysig bron]

'n Klein aantal soorte vanSuid-Afrika seinheemseseevoëls staan as ghwanovoëls bekend. Hulle kom in kolonies op eilande naby die kus voor waar hullenes maak en broei.

Ghwano in al sy glorie

[wysig |wysig bron]

Die mis, sogenaamdeghwano, wat hierdie voëls in hul broeikolonie lewer, word elke jaar aan die einde van diesomer versamel, net voor die eerste winterreëns. Dit is 'n natuurlike en baie waardevolle bemestingstof. Die Departement van Nywerheidswese se onderafdeling Ghwano-eilande, versamel dit en verkoop dit aan boere. Die eilande mag alleenlik met 'n permit besoek word. Sommige van die voëls is beskerm.

Ghwano kan net versamel in daardie dele waar dit feitlik nooit reën nie. Of waar die reënseisoen eers na die broeityd kom.

Namibië

[wysig |wysig bron]

Die meeste ghwano-eilande is natuurlike broeiplekke van seevoëls, maar inNamibië (Suidwes-Afrika) is 'n aantal jare gelede 'n interessante onderneming begin. Plek-plek aan die kus is deur private inisiatief platforms opgerig waarop dievoëls in groot getalle kom sit en selfs nes maak. So kanghwano versamel word.

Belangrike ghwano-eilande aan die Suid-Afrikaanse kus

[wysig |wysig bron]
Ghwano-eilandLigging
Dasseneiland50 km vanKaapstad
MalgasSaldanhabaai
JutteneilandSaldanhabaai
MarcuseilandSaldanhabaai
VoëleilandLambertsbaai
Witmalgasse (Morus capensis) op Voëleiland inLambertsbaai

Soorte voëls wat ghwano lewer

[wysig |wysig bron]

Daar is hoofsaaklik drie soorte seevoëls wat ghwano lewer. Dietrekkormorant oftrekduiker is die vernaamste verskaffer vanghwano.

Afrikaanse naamLatynse naaamEiersNes
Kaapse- of

Witmalgas

Morus capensis1keëlvormige ghwanohopie, hol van bo
Trekkormorant oftrekduikerPhalacrocorax capensis2-3 kalkwitstokkies en seewier
Kaapse pikkewyn1-3 witholte in grond of tussen klippe met vere en seewier
Swartvoetpikkewyn ofBrilpikkewynSpheniscus demersus1geharde mis

Diebrilpikkewyn word deur dieIUBN as 'nkwesbare spesie geklassifiseer omdat die bevolkingstal besig is om drasties te daal. Hul eiers word onder andere deurbruinroofmeeue uit die neste gesteel.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Bronnelys

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Mineralogical data on bat guano deposits from three Romanian cavesAlexandra GIURGIU & Tudor TĂMAŞ Studia UBB Geologia, 2013, 58 (2), 13 – 18
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Ghwano&oldid=2702195"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp