Ghana (Engels: [ˈɡɑːnə],luister(hulp·inligting)), amptelik dieRepubliek Ghana (Republic of Ghana), is 'nland inWes-Afrika. Dit beslaan 'n oppervlakte van 238 533 en het 'n bevolking van 34,5 miljoen in 2024 gehad.[1] Diehoofstad en grootste stad isAccra, geleë langs die suidkus aan dieGolf van Guinee. 'n Ander belangrike stad isKumasi, bekend as geboorteplek vanKofi Annan, dieVerenigde Nasies se sewende sekretaris-generaal, en hoofstad van dieAsjanti-streek in die suidelike sentrum van die land. Die derde grootste stad isTamale en is in die noorde van die land geleë.
Ghana word begrens deurIvoorkus in die weste,Burkina Faso in die noorde,Togo in die ooste asook die Golf van Guinee en dieAtlantiese Oseaan in die suide. DieVoltarivier en sy drie groot sytakke Swart-Volta, Wit-Volta en Rooi-Volta dreineer die land. Die Voltarivier word deur dieAkosombodam tot die Voltameer opgedam, die wêreld se grootste mensgemaakte meer volgens oppervlakte en Ghana se belangrikste energiebron. Die Voltarivier mond in dieBog van Benin uit, wat tot die Golf van Guinee behoort. Ghana se enigste natuurlike binnemeer is dieBosumtwimeer naby Kumasi.
Die eerste permanente staat op die gebied van die hedendaagse Ghana is in die 11de eeu gestig. Verskeie koninkryke en ryke het oor die eeue heen verskyn, waarvan dieAsjantiryk die belangrikste was.[6] Vanaf die 15de eeu het diePortugese Ryk, gevolg deur verskeie ander Europese magte, handelsposte langs Ghana se kus gestig.
Naby Ghana se mees suidelike punt isGroß-Friedrichsburg, die eerste Duitse kolonie in Afrika en sedert 1979 'nUnesco-wêrelderfenisgebied, geleë. Dit is in 1683 deur generaal von Groeben uitBrandenburg gestig en in 1717 aanNederland verkoop. Vanaf die vroeë 19de eeu het die Britte die gebied gekoloniseer, by Brits-Wes-Afrika (deel van dieBritse Ryk) ingelyf en teen 1900 is Ghana se huidige grense bepaal. Voor sy onafhanklikheid van dieVerenigde Koninkryk op 6 Maart 1957 het Ghana as dieGoudkus bekend gestaan, genoem nágoud, Ghana se belangrikste handelsware. "Ghana" beteken "oorlogskoning" in dieSoninke-taal en is afgelei van die Koninkryk Ghana.[7]
Ghana se belangriksteetniese groep is dieAkan, wat sowat 47,5% van die bevolking vorm. Van die ander belangrike bevolkingsgroepe sluit inEwe,Joroeba,Hausa enMossi. Ghana se enigsteamptelike taal is Engels wat ook aslingua franca tussen die verskeie bevolkingsgroepe dien. Ghana se belangrikste inheemse taal isAkan, gevolg deurBambara,Ewe,Fula enHausa.
Sokker is die gewildste sportsoort in Ghana en die land se nasionale sokkerspan staan bekend as dieBlack Stars, genoem na die swart ster op dievlag van Ghana. Ghana het dieAfrikanasiesbekertoernooie van 1963, 1978, 2000 (saam metNigerië) en 2008 gehuisves en die vier toernooie van 1963, 1965, 1978 en 1982 gewen. Die Ghanese nasionale sokkerspan het tot dusver vier keer vir die FIFA Sokker-Wêreldbeker gekwalifiseer (in2006,2010,2014 en2022) en tydens die 2010-toernooi die kwarteindrondte gehaal.Asante Kotoko FC uit Kumasi is Ghana se gewildste sokkerspan en word as Afrika se suksesvolste sokkerspan van die 20ste eeu beskou.
Inkrieket het Ghana in die verlede saam met Gambië, Nigerië en Sierra Leone spelers vir dieWes-Afrikaanse krieketspan beskikbaar gestel. Sedert 2002 word die land deur sy eie nasionale span verteenwoordig, maar kon nog nie vir 'n internasionale kriekettoernooi kwalifiseer nie.
↑(en)"Asante Kingdom". Afrika-Studiecentrum, Leiden.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Julie 2019. Besoek op8 Junie 2014.
↑(en)Jackson, John G. (2001).Introduction to African Civilizations. Citadel Press. p. 201.ISBN0-8065-2189-9.
↑(en)"Ghana-US relations". Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake. 13 Februarie 2013. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 5 April 2013. Besoek op1 Junie 2013.