Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Germanium

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
79galliumgermaniumarseen
Si

Ge

Sn
Algemeen
Naam,simbool,getalgermanium, Ge, 79
Chemiese reeksmetaalagtiges
Groep,periode,blok14,4,p
Voorkomsgryswit
Atoommassa72.64(1) g/mol
Elektronkonfigurasie[Ar] 3d10 4s2 4p2
Elektrone perskil2, 8, 18, 4
Fisiese eienskappe
Toestandvastestof
Digtheid (nabyk.t.)5.323 g/cm³
Vloeistofdigtheid teens.p.5.60 g/cm³
Smeltpunt1211.40K
(938.25 °C)
Kookpunt3106K
(2833 °C)
Smeltingswarmte36.94kJ/mol
Verdampingswarmte334kJ/mol
Warmtekapasiteit(25 °C) 23.222 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa1101001 k10 k100 k
teenT/K164418142023228726333104
Atoomeienskappe
Kristalstruktuurkubies vlakgesentreerd
Strukturbericht-kodeA4
Oksidasietoestande4
(amfoteriese oksied)
Elektronegatiwiteit2.01 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë1ste: 762kJ/mol
2de: 1537.5 kJ/mol
3de: 3302.1 kJ/mol
Atoomradius125pm
Atoomradius (ber.)125pm
Kovalente radius122pm
Diverse
Magnetiese rangskikkinggeen data
Termiese geleidingsvermoë(300 K) 60.2W/(m·K)
Termiese uitsetting(25 °C) 6.0 µm/(m·K)
Spoed van klank (dun staaf)(20 °C) 5400m/s
Mohs se hardheid6.0
CAS-registernommer7440-56-4
Vernaamste isotope
Isotope van germanium
isoNVhalfleeftydVMVE(MeV)VP
68Gesin270.8dε-68Ga
70Ge21.23%Ge isstabiel met 38neutrone
71Gesin11.26dε-71Ga
72Ge27.66%Ge isstabiel met 40neutrone
73Ge7.73%Ge isstabiel met 41neutrone
74Ge35.94%Ge isstabiel met 42neutrone
76Ge7.44%Ge isstabiel met 44neutrone
PortaalChemie

Germanium is 'nchemiese element in dieperiodieke tabel met die simboolGe enatoomgetal van 32. Dit is 'n glansende, harde silwerwitmetaalagtige element met chemiese eienskappe soortgelyk aansilikon. Germanium vorm 'n groot aantal organometaalverbindings en is 'n belangrikehalfgeleiermateriaal wat intransistors gebruik word.

Kenmerkende eienskappe

[wysig |wysig bron]

Germanium is 'n harde, gryswit element met 'n metaalglans en dieselfde kristalstruktuur asdiamant. Verder is dit belangrik om kennis te neem dat germanium 'n halfgeleier is met elektriese eienskappe tussen dié van 'nmetaal en 'nisoleerder. In sy suiwer toestand is hierdie metaalagtige 'n bros kristallyne materiaal wat sy glans in lug by kamertemperatuur behou. Soneraffineringstegnieke het dit moontlik gemaak om kristallyne germanium virhalfgeleiers te vervaardig met 'n onsuiwerheid so laag soos een deel per 1010.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

In 1871 was germanium (LatynGermania) een van die elemente wat deurDmitri Mendelejef voorspel is as 'n vermiste element (ekasilikon) uit diesilikon-groep. Die bestaan van die element is deurClemens Winkler in 1886 bevestig. Die ontdekking was 'n belangrike bevestiging van Mendeleyev se idee van die periodieke aard van die elemente.

Germanium bak
Vergelyking van Mendelejev se voorspelling
en die werklike eienskappe.
EienskapEkasilikonGermanium
atoommassa7272.59
digtheid(g/cm3)5.55.35
smeltpunt (°C)hoog947
kleurgrysgrys

Die ontwikkeling van die germanium-transistor het die weg gebaan vir ontelbare toepassings vanvastetoestand elektronika. Vanaf 1950 tot die vroeë sewentigs was hierdie 'n groeiende afsetmark vir germanium totdat hoë suiwerheid silikon germanium in transistors,diodes en gelykrigters vervang het. Silikon het meerderwaardige elektriese eienskappe maar verg 'n baie hoër suiwerheid wat nie vroeër moontlik was om kommersieel te vervaardig nie. Die vraag na germanium vir gebruik inoptiese vesel kommunikasienetwerke, infrarooinagsigtoerusting en polimerisasiekatalisatore het intussen dramaties verhoog. Hierdie gebruike het ongeveer 85% van die wêreldwye verbruik van germanium in die jaar 2000 verteenwoordig.

Gebruike

[wysig |wysig bron]

Anders as die meeste halfgeleiers het germanium 'n kleinbandgaping, wat dit toelaat om effektief opinfrarooilig te reageer. Dit word daarom gebruik in infrarooispektroskope en ander optiese toerusting wat uiters sensitiewe infrarooi detektors vereis. Die oksied van germanium sebrekingsindeks en verstrooiïngseienskappe maak germanium nuttig vir gebruik in wyehoeklense inkameras en inmikroskope se lense.

Die legering silikongermanied (SiGe) is vinnig besig om 'n uiters belangrike halfgeleiermateriaal vir gebruik in hoëspoed geïntegreerde stroombane te word. Stroombane wat die eienskappe van Si-SiGe brûe benut is baie vinniger as dié wat slegs silikon gebruik.

Ander gebruike:

Sekere verbindings van germanium het 'n laegiftigheid virsoogdiere maar is giftig vir sekerebakterieë. Dit maak germanium nuttig as 'n chemoterapeutiese middel.

Verspreiding

[wysig |wysig bron]

Die metaal word gevind in argirodiet ('nsulfied van germanium ensilwer),steenkool, germaniet,sinkertse en anderminerale.

Germanium word kommersieel ontgin vanuit sinkerts deur die stof uit smeltoonde te behandel en uit dieverbrandingsprodukte van sekere soorte steenkool.

Hierdie metaalagtige kan ontgin word vanuit ander metale deur fraksioneledistillasie van die vlugtige tetrachloried. Hierdie tegniek maak die vervaardiging van ultra-hoë suiwerheid germanium moontlik.

In 1997 was die koste van germanium ongeveer $3 pergram (V.S.A). Die sluitingsprys vir die jaar 2000 van germanium was $1 150 perkilogram (of $1.15 per gram).

Verbindings

[wysig |wysig bron]
  • Germaniumtetrahidried (GeH4),
  • Germaniumtetrachloried (GeCl4)
  • Germaniumdioksied (germania) (GeO2)

Verwysings

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metGermanium.


HHe
LiBeBCNOFNe
NaMgAlSiPSClAr
KCaScTiVCrMnFeCoNiCuZnGaGeAsSeBrKr
RbSrYZrNbMoTcRuRhPdAgCdInSnSbTeIXe
CsBaLaCePrNdPmSmEuGdTbDyHoErTmYbLuHfTaWReOsIrPtAuHgTlPbBiPoAtRn
FrRaAcThPaUNpPuAmCmBkCfEsFmMdNoLrRfDbSgBhHsMtDsRgCnNhFlMcLvTsOg
AlkalimetaleAardalkalimetaleLantaniedeAktiniedeOorgangsmetaleHoofgroepmetaleMetalloïdeNiemetaleHalogeneEdelgasseChemie onbekend


Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Germanium&oldid=2740931"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp