Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Gera

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Gera

KaartWapen
Vlag
 LandDuitsland
 DeelstaatThüringen
 Koördinate50°53′N12°5′E / 50.883°N 12.083°O /50.883; 12.083
 Stigting (eerste verwysing)995
 StadstatusOmstreeks 1230
 Oppervlak: 
 - Totaal151,93vk km
 Hoogte bo seevlak205 m
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Desember 2010)99 262
 - Bevolkingsdigtheid653/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 -SomertydUTC +2
 BurgemeesterJulian Vonarb
 Amptelike Webwerfwww.gera.de

Gera is 'n Duitse stad en die derde grootste nedersetting in die deelstaatThüringen na die hoofstadErfurt enJena. Gera is aan die Weiße Elster-rivier geleë en vorm in administratiewe opsig 'n selfregerende munisipaliteit.

Gera het historiese belang as hoofstad van die Prinsdom van Reuss jongere lyn (1848 tot 1918) en van die Volksstaat Reuss (1918 tot 1920). Met die begin van die industrialisering in die 19de eeu het Gera 'n ekonomiese en 'n vinnige bevolkingsgroei ervaar. In die bloeityd van die tekstielbedryf was Gera en van die rykste stede in Duitsland. Met die bou van die hoofstasie het Gera 'n belangrike knooppunt vir spoorwegvervoer geword.

In dieTweede Wêreldoorlog is Gera deur lugaanvalle gedeeltelik vernietig. Ná die stigting van dieDuitse Demokratiese Republiek het Gera in 1952 die hoofstad van die gelyknamige distrik geword. Met die Duitse hereniging in 1990 het Gera een van drie sentrale stede in Thüringen geword.

NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Gera&oldid=1783842"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp