
Geoffrey Chaucer
Middeleeuse Engelse digter, filosoof, alchemis, sterrekundige en diplomaat
Beduidende werke

The Canterbury Tales
The Book of the Duchess
House of Fame
Legend of Good Women
Troilus and Criseyde
Geoffrey Chaucer ([ˈtʃɔːsər]; * omstreeks1343; †25 Oktober1400 inLonden) word algemeen as die beduidendste Engelse digter van dieMiddeleeue en as die "vader van die Engelse literatuur" beskou. Hy is veral bekend vir sy verhale,The Canterbury Tales, een van die belangrikste werke in dieEngelse letterkunde. Dit handel oor ’n groep pelgrims wat naCanterbury reis en vir mekaar stories vertel.[1]
Terwyl hy tydens sy leeftyd wye erkenning en waardering asskrywer,filosoof,alchemis ensterrekundige geniet het (hy het vir sy tienjarige seun Lewis 'n wetenskaplike verhandeling oor dieastrolabium geskryf), het hy daarnaas ook 'n suksesvolle loopbaan in die staatsdiens gevolg en hom as burokraat, howeling en diplomaat bekwaam.
Chaucer se literêre werk sluit naasThe Book of the Duchess,House of Fame,Legend of Good Women enTroilus and Criseyde veral sy befaamdeCanterbury Tales in. Chaucer het 'n beslissende rol in die taalkundige proses gespeel waardeurMiddelengels as destydse omgangstaal sy status as literêre taal sou herwin, in 'n tyd toe die literêre lewe in Engeland nog deurFrans enLatyn oorheers is.
Hy was die eerste digter wat in die sogenaamdePoets' Corner van die LondenseWestminster-abdy ter ruste gelê is.