Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Geochronologie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikelhaal nie enigebronne aan nie.Verbeter asb. hierdie artikel deur verwysings na betroubare bronne by te voeg. Stellings sonder verwysings mag bevraagteken en verwyder word.
Vind bronne: "Geochronologie"  nuus ·koerante ·boeke ·navorser ·JSTOR
(Vind uit wanneer en hoe om hierdie sjabloonboodskap te verwyder)
’n Voorstelling van die geologiese tydskaal.

Geochronologie is die absolute datering van gesteentes,fossiele en afsettings, waarby ’n ouderdom binne ’n bepaalde foutspeling bepaal word. Die doel is onder meer die opstel van diegeologiese tydskaal. Om dit te bereik, word ’n aantal verskillendewetenskaplike metodes gebruik.

Geochronologie verskil vanstratigrafie, waarby rotslae aan ’n bepaalde tydvak toegeken word deur die beskrywing en vergelyking van fossiele (biostratigrafie), die beskrywing van rotslae (litostratigrafie) of die meet van diepaleomagnetiese rigting in gesteentes (magnetostratigrafie). Al hierdie vorme van stratigrafie gee nie ’n absolute ouderdom aan gesteentes nie, maar plaas dit in ’n bepaalde interval op ’n stratigrafiese kolom.

Geochronologie is die een belangrike onderdeel vanchronostratigrafie, waarby rotslae in volgorde van (verkieslik absolute) ouderdom gerangskik word.

Geochronologiese eenhede

[wysig |wysig bron]

Geochronologiese eenhede of tydperke is tydsintervalle wat ooreenstem met chronostratigrafiese eenhede.

Van groot tot klein is die belangrikste eenhede:eon,era,periode,epog entydsnede. Dié eenhede het meestal dieselfde naam as die ooreenstemmende chronostratigrafiese eenhede en dit kan lei tot verwarring. So kan met "dieDevoon" sowel die tydperk (’n periode uit die geochronologie) as die gesteentes wat in dié tyd afgeset het (’nsisteem uit die chronostratigrafie) bedoel word.

Geologiese en stratigrafiese tydperke
Geochronologiese tydperke
Chronostratigrafiese eenhede
Litostratigrafiese eenhede
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Geochronologie&oldid=2684585"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp