Genitale vratte is simptome van ’n aansteeklikeseksueel oordraagbare infeksie wat deur sekere soorte van diemenslike papilloomvirus (MPV) veroorsaak word.Vratte is die makliks herkenbare simptoom van genitale MPV-infeksie. Sowat 90 persent van mense wat met MPV besmet word, sal nie genitale vratte ontwikkel nie en die ander 10 persent kan die virus aan ander oordra.
Die MPV-soorte 6 en 11 is meestal die oorsaak van genitale vratte. Dit word deur regstreekse vel-tot-velkontak oorgedra, gewoonlik tydensorale,anale ofgenitaleseks met ’n persoon wat die virus het. Terwyl sommige soorte MPVservikale ofanale kanker kan veroorsaak, word genitale vratte deur ander soorte meegebring.[1]
Klein condylomata aan die testikels.’n Erge geval van genitale vratte aan die penis.
’n Mens kan deur verskillende soorte MPV besmet word – terselfdertyd of op verskillende tye.[2][3] Hulle kan op enige plek om of op die anus of geslagsdele voorkom en word meestal aangetref op eksterne oppervlakke van die liggaam, soos die skag van diepenis, dieskrotum of die lippe van dievagina. Hulle kan ook op interne oppervlakke voorkom, soos in die opening van dieuretra en in die vagina of anus.
Hulle kan so klein as 1-5 mm breed wees, maar kan ook groei en in groot massas versprei. Hulle kom meestal in trosse voor. Soms lyk hulle soos klein steeltjies. Hulle kan hard of sag wees en hul kleur kan wissel. Soms bloei hulle.
Hoewel ramings van die hoeveelheid nuwe gevalle per jaar wissel, is MPV so algemeen dat feitlik alle seksueel aktiewe mense dit die een of ander tyd in hul lewe sal kry.[2] ’nCondyloma acuminatum is ’n enkele vrat, terwyl ’ncondylomata acuminata meervoudige vratte is. Hoewel die name ooreenstem metcondyloma latum, is laasgenoemde ’n komplikasie van sekondêresifilis.
↑Juckett, G; Hartman-Adams, H (15 November 2010). "Human papillomavirus: clinical manifestations and prevention".American family physician.82 (10): 1209–13.PMID21121531.