Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Gemeente

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die kerkgebou vorm gewoonlik die spil waarom 'n godsdienstige gemeente se bedrywighede draai. Hier verlaat lidmate van dieNG gemeente Drieankerbaai die kerk ná die erediens op Sondag 28 November 2010.

'nGemeente is inProtestantse tradisie 'n plaaslikegeloofsgemeenskap. Dienasionale kerkverband word meestal met die termkerk aangedui, byvoorbeeldNederduitse Gereformeerde Kerk. In dieGereformeerde Kerke in Suid-Afrika word egter gewoonlik na elke plaaslike groepering as 'n kerk verwys omdat, volgens dié kerkverband, "elke plaaslike kerk (gemeente) 'n komplete openbaring van die liggaam vanChristus is".[1] Vandaar die meervoudsvorm "Kerke" in die genootskap se naam.

In ander kulture

[wysig |wysig bron]

Die begripgemeente het verskillende betekenisse in verskillendelande entale. InSuid-Afrika (Afrikaans) het die begrip 'n godsdienstelike (kerklike) verbintenis.

InNederland word 'gemeente' gebruik om na 'nmunisipaliteit te verwys. Ook inDuitsland (Duits) word die begrip 'Gemeinde' gebruik vir 'noord,stad,dorp, dog ook vir 'nChristelikekerkgemeenskap.

Vertaling

[wysig |wysig bron]

Die Nederlandse woord "gemeente" word gewoonlik in Afrikaans vertaal as "munisipaliteit" of "munisipale gebied". Die Afrikaanse woord "gemeente" sal 'n mens in Nederlands vertaal met "parochie" of "kerkgemeente".

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (af)Du Toit, prof. dr. S. 1955.Handleiding vir die studie van die kerkgeskiedenis. Potchefstroom: Pro Rege-Pers Beperk.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Gemeente&oldid=1881792"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp