'n Gekkedag-grap om die konstruksie van dieKopenhagense Metro in 2001 te bemark.
Gekkedag ofAprilgekkedag is 'n tradisie waar mense jaarliks op1 April poetse bak en met mekaar die gek probeer skeer. Dit is nie 'n openbare vakansiedag nie.[1]
Die doel is om jou niksvermoedende vriende en familielede te probeer uitvang. Die grappe kan mense lekker vir mekaar laat lag. Omsigtigheid moet egter aan die dag gelê word om te keer dat mense hulle nie bloedig vererg of om mense te erg te ontstel nie.
In sommige lande is gekkedag slegs in die oggend. Mense wat in die namiddag sulke grappe maak word dan self as gekke afgelag.
Die oorsprong van gekkedag is nie presies seker nie. Volgens sommige bronne het dit in 1582 ontstaan toepous Gregorius XIII dieGregoriaanse kalender as die amptelike jaarkalender inFrankryk ingestel het. Voor dié gebeurtenis het die Franse die dag as die eerste dag van 'n nuwe Europese jaar waargeneem, en gewoonlik tien dae lank feesgevier. Baie mense in Frankryk het nie geweet van die pous se besluit nie en die feesviering voorgesit. Hulle het toe as die Aprilgekke bekend geraak.